Categories: NewsPublished On: 31st May 2011

Nampo-maak-verskoning-vir-Woensdag-warboel

By 1 min read
In ‘n nuusvrystelling deur Graan SA het meneer Jub Jubelius, voorsiter van die Nampo-Oesdagkomitee, verkoning aangebied vir die ongerief wat besoekers aan Nampo op Woensdag 18 Mei moes verduur  weens die reuse  verkeersopeenhoping. Die openbare vakansiedag het so ‘n reuse toeloop tot gevolg gehad dat duisende mense vir ure teen ‘n slakkepas na Nampo-park moes ry. 
 
Die een dag se besoekersgetalle was só hoog dat dit die algehele bywoningsyfer van verlede jaar verbygesteek is, nieteenstaande die feit dat die ander dae almal ‘n laer bywoningsyfer getoon het. Meneer Jubelius het gesê dat die terrein en geriewe die toestroming egter steeds kon hanteer.
 
Hy het gesê dat hulle baie komplimente oor die oesdag in sy geheel ontvang het en dat die algemene terugvoer van uitstallers ook positief is.
 
Volgende jaar sal Nampo van 15 tot 18 Mei plaasvind.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment