Categories: NewsPublished On: 28th June 2010

Nampo:-Kom-kyk-by-Kubota!

By 2 min read

Een van die welkome nuwelinge is die nuwe smal (1 440 mm met standaard bande) Kubota M8540 DTNQ met sy gerieflike kajuit en fris enjin van 63,7 kW (85,5 perdekrag). Die DT beteken dat die trekker vierwielaangedrewe is, die N (narrow) dat hy smal is en die Q dat hy ’n kajuit het. Dié trekker is ideaal vir wingerd- en boordwerk waar min plek is, maar flukse krag nodig is.

Met sy slanke, vaartbelynde lyf, geronde modderskerms en wegvou-waarskuligte glip hierdie lekker trekker gladweg tussen die takke en ranke deur sonder om skade op te doen of aan te rig.

Kubota se unieke kortdraaifunksie wat jou toelaat om binne 3,5 meter te draai. Dit beteken dat die M8540 gladweg en sonder terugstoot vanuit een ry by die volgende kan indraai.

Die M8540 se hidroulies beheerde vorentoe-en-tru kragoordragstelsel bied vier inkamversnellings en ’n hoë en lae strek vir enige toepassing. En net so kragtig soos hy trek, net so botstil stop hy met sy meganiese natskyfstelsel op al vier wiele.

Die M8540 is verstommend sterk, maar lig op brandstof met Kubota se rewolusionêre elektroniese senter-direkte inspuitstelsel (E-CDIS) en stil, sterk, duursame enjin wat 64 kW lewer.

’n Bielie van ’n buksie

Kubota is steeds die losvoor leier in die kleintrekkermark en sy nuwe BX25-trekker/-laaigraaf/-grawer/-snyer met sy twee kragaftakkers gaan ’n klein trekkertjie met ’n groot aantrekkingskrag by Nampo wees.

Hy vervang die gewilde BX24 en het steeds al sy voorganger se wenkenmerke, maar die BX25 is perfek ontwerp vir die aanbring van ’n laaigraaf en slootgrawer, wat dit een van die veelsydigste trekkers in sy klas maak.

Die BX25 se dapper enjin lewer 17,2 kW en standaard kenmerke sluit in ’n hidrostatiese kragstuur, ’n voubare rolstaaf, vorentoe-en-trupedale wat jou hande vrylaat om te stuur en werktuie te beheer, spoedbeheer vir snywerk, ’n laaigraaf met ’n vertrekhoek van 20 grade, uitstekende beskerming vir hidrouliese pype, maklike koppeling en ontkoppeling van werktuie en ‘n baie goeie uitsig.

As jy Nampo toe gaan om iets bruikbaar te sien, sorg dat jy by Kubota se uitstalling aandoen, waar jy Kubota se betroubare, boervriendelike modelle se unieke funksies in aksie kan sien.

Skakel Smith Power Equipment by 011-284-2000 vir meer inligting en besoek ook www.kubotasa.co.za.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0