Categories: NewsPublished On: 9th July 2010

’n-Werktuig-so-reg-na-die-boer-se-hart:-Manitou-doen-14-dae-se-werk-in-’n-week

By 3 min read

As jy vooruit wil boer moet jy masjinerie hê wat kan vastrap en raakvat. So glo die op-en-wakker pa- en seunspan, altwee met die naam Pierre Bosman, van Bospre Ayrshire net anderkant Glen van Bloemfontein se kant af.

Die Bosmans glo dat gesonde groei van hulle boerdery nie net grootte moet behels nie, maar veral ook doeltreffendheid.

Dis hoekom hulle groot melkboerdery met sy nulbeweidingstelsel netjies en doelmatig beplan en uitgelê is en bedryf word.

By so ’n stelsel is voer- en mishantering groot en belangrike werk waarvoor jy betroubare, doeltreffende toerusting nodig het, want nie een van die twee take kan wag nie.

Toe die Bosmans sien hulle bestaande twee laaigrawe begin sukkel om by te hou, het hulle besluit om hierdie slag ’n masjien te koop wat hulle uitbreiding tot sommer doer ver in die toekoms kan hanteer.

Hulle het streng vereistes bepaal waaraan hulle nuwe masjien moet voldoen en daarna deeglike navorsing gedoen oor wat die mark bied.

Manitou het in elke opsig ver bo al die ander uitgetroon – en ook in ’n paar opsigte waarvan sommige ander masjiene nog nie gehoor het nie.

Veelsydig

Pierre junior vertel dat hulle ’n meer plaasgeoriënteerde en veelsydige masjien wou hê as die twee konstruksielaaigrawe wat hulle reeds het. Hy het voorheen al self met ’n Manitou in Frankryk gewerk en weet dat Manitou oorsee en plaaslik die woord vir doeltreffendheid en betroubaarheid is.

Die model wat hulle gekies het, doen alles wat die konstruksielaaigrawe kan doen en veel meer – en boonop is die prys uiters mededingend.

Met sy knaklyf stoot die Bosmans se Manitou MLA 628 120 LSU Powershift net so goed soos ’n konstruksie­laaigraaf, en selfs beter omdat hy trekkertipe bande het wat nie so maklik in die klam mis gly nie.

Sy stewige teleskopiese arm stel hom in staat om groter vragmotors veel makliker te laai en af te laai as ’n gewone laaigraaf: Hy vra minder as 40 minute om 30 ton grootpaklusernbale af te laai en netjies in die skuur te stapel!

Daarvandaan haas hy hom na die kuilvoersloot om met sy spesiale groot bak ’n netjiese kuilvoerhoop van 2,5 meter hoog te bou – en hy roer sy litte, want hy weet die Bosmans maak 5 000 ton kuilvoer en kuilvoer is nie ’n ding wat kan wag nie.

Met sy spesiale kruishaak vat hy ’n massasak met ’n ton meel of ureum netjies aan sy vier hoeke vas en loop sit hom netjies neer net waar jy wil.

Daarmee klaar, kan jy met jou Manitou gaan grond laai, palette met vragte van tot 2,5 ton meer as 5 meter hoog stapel, of ’n sleepwa van 30 ton rondsleep.

Sy betroubare Perkins-­enjin van 4,4 liter se 90,5 kW en 545 Newton wringkrag word netjies oorgedra met sy elektrohidrouliese kragoordagstelsel van vier versnellings vorentoe en drie tru.

En dit alles beheer jy maklik met ’n enkele beheerkierie wat knus in jou handpalm pas. Dis so maklik, selfs ’n joernalis kan dit doen.

Maar met Manitou strek die lekkerkry nog verder. Bloemfontein en omstreke se Manitou-agent is die diensbereid DIY Superstore van Marius Eksteen, en boonop staan Manitou se eie mense immer reg om elke boer se Manitou volstoom aan die werk te hou.

Daar is ’n Manitou-model uitgeknip vir elke taak op elke plaas. Bel Johan van der Westhuizen by 082-490-5665 of  011-975-7770 of besoek www.manitou.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0