’n Trok vir elke taak: Mitsubishi Fuso is die boer se vervoerbroer
Danksy die Suid-Afrikaanse kommersiële boer is die land instaat om sy bevolking te voed. Die boer kan egter net hierdie lewensbelangrike taak vervul indien dit vir hom lonend is, en koste-effektiewe vervoer speel hierin ’n sleutel rol.
Produksiemiddele soos saad en kunsmis asook plaasprodukte soos graan, groente en vee moet so goedkoop moontlik vervoer word.
Daarom is Mitsubishi Fuso sedert 1932, wêreldwyd boere se vervoerbroer. Die boer het immers genoeg ander uitdagings om nog wakker te lê oor on-ekonomiese en onbetroubare vervoer.
Die pronkparade van boergereed vragmotors bestaan uit drie reekse:
Die kleinste is die Canterreeks bestaande uit die FE-en FG-modelle, met presies dieselfde onverbiddelikke vervaardigingstandaarde as Fuso se grootste spiertiere.
Die FE 6-106 dra 6,5 ton en het ’n gedugte Mitsubishi 4D34-2AD-enjin. Dié enjin met sy inhoud van 3 907 cm3 lewer 79 kW teen 3 200 opm en 251 Nm teen 1 800 opm, wat dit ideaal maak vir die vrag waarvoor die vragmotors gebou is.
As jy ’n bietjie meer wil laai, is die FE 7-115-sewe-en-’nhalftonner jou antwoord. Hy kan ’n bak van 5 meter dra en sy 4D34-2A-ejin lewer 85 kW teen 3 200 opm en 289 Nm teen 1 800 opm.
Verlang jy meer krag vir jou 7,5-tonner, kan jy die FE 7-136 kies. Hy is die grootboet van Fuso se Canter-reeks en sy enjin lewer 100 kW teen 2 900 opm en ’n allemintige 370 Nm teen 1 600 opm. Selfs vir boere in die bergwêreld is dit genoeg krag.
Die opwindende 4×4 in die Canter-stal is die FG 6-106, wat met sy vierwieltrek, spesiaal vir die rowwe toestande wat Suid-Afrika kan bied gebou is. Hy het ’n lae- en hoëstrek-oordragkas en ’n beperkteglip-ewenaar. Jy kan kies of jy hom met enkel- of dubbelagterwiele wil hê.
Mitsubishi Fuso se middelslagreeks strek van 10,4 tot 16 ton en bestaan uit die volgende modelle:
Die FK 10-162 dra 10,4 ton en sy lae bak maak dit maklik om enigiets op en af te laai. Sy 7,5-liter enjin lewer 119 kW teen 2 900 opm en 443 Nm teen 1 700 opm.
‘n Gewilde en veelsydige veertientonner is die Fuso FM 14-213 met 157 kW teen 2 800 opm en 626 Nm teen 1 400 opm.
Die FM 15-253 met ’n negespoed gesinchroniseerde ratkas het ’n 15-ton voorhaker en ’n wipbakmodel in sy kraal .
Fuso se grootboet in die middelslagreeks is die FM 16-253, wat sestien ton dra en met sy negespoedratkas ook ’n sleepwa kan sleep om die boer ’n bruto kombinasiemassa van 28 000 kilogram te bied. Hy en die FM 15-253 het dieselfde 7,5 liter-enjin wat 186 kW teen 2 900 opm en 708 Nm teen 1 400 opm lewer.
Vir die boer wat groter vragte wil vervoer, maak nie saak hoe ver nie, het Mitsubishi die groot FP- en FV-modelreeks. Dit sluit ook ‘n wipbak- en betonmengermodel in, maar die boer sal hoofsaaklik belangstel in die volgende:
Die FP 18-340 TT is ’n kragtige voorhaker vir ’n bruto voertuigmassa van 42 000 kg. Sy wielbasis is kort soos ’n mens van ’n fatsoenlike voorhaker verwag en sy twaalfliterenjin gee jou ‘n gedugte 250 kW teen 2 200 opm en 1 395 Nm teen 1 400 opm.
Dieselfde enjin word vir die Fuso FV 26-340 TT en die FV 26-340 FC gebruik. Hulle is altwee 26-tonners met ‘n 6×4-wielkonfigurasie en tienspoed gesinchroniseerde ratkase.
Misubishi se Fuso-vragmotors is so gerieflik en bestuur so maklik dat die boer sommer self graag agter die stuur inspring. Alles is gerieflik byderhand sodat dit ’n veilige, ontspanne ervaring is om ’n Fuso te bestuur – selfs as jy lang ure en groot afstande agter die stuur moet deurbring.
Mitsubishi Fuso se onderstelle is uniek ontwerp om sake vir die bakbouers so maklik as moontlik te maak Veiligheid is ’n belangrike kenmerk van alle Fusovragmotors. Dit sluit sluitweerremme, hoë gehalte ligte en ’n veilge kajuitomgewing
in.
Vir meer inligting oor die boer se vervoerbroer gesels gerus met u naaste Mitsubishi Fuso handelaar of besoek www.fuso.co.za.