Categories: NewsPublished On: 13th September 2010

Musikantboer-maak-eie-reën-met-Valley

By 3 min read
514 words

Die vaste sekerheid dat jy twee gesonde oeste per jaar gaan maak, is elke boer se droom. Vir die gewilde kitaarspeler, Hekkie de la Guerre, het hierdie droom ’n heerlike werklikheid geword, want hy reken nou op sy ­Valley-spilpunte om sy mielies en koring gesond en geil te laat groei.
 
Hekkie boer al 28 jaar op Mamogalieskraal naby Brits. Hy het altyd vloedbesproeiing toegepas en dit het vir hom gewerk, maar ’n boer moet vooruitgaan en die beskikbare water beter benut. Daarom het hy so drie jaar gelede sy eerste twee Valley-spilpunte opgerig – en hy was nog nie ’n oomblik spyt nie.

Hoekom Valley?
Geld groei nie aan bome nie en daarom het Hekkie deeglik navorsing gedoen voordat hy besluit het. Hekkie weet dat jou betroubaarste inligting oor die waarde en nut van toerusting by medeboere verkrygbaar is. 
 
Niemand verstaan immers ’n boer se behoeftes en omstandighede beter as ’n ander boer nie.
 
Tydens sy navrae oor spilpunte by medeboere het Hekkie gou bemerk dat ’n Valley-eienaar wat jou vertel hoe tevrede hy met sy spilpunt is, spontaner praat, jou reguiter in die oog kyk en gemakliker glimlag.

Gebou om te werk en te hou
Hekkie is vandag nog steeds ingenome met sy besluit om Valley te kies. Sommer reg van die begin af was dit duidelik dat Valley nie net die spilpunte het om die boer presies te pas nie, maar ook die kennis en die ervaring en die wil om te verseker dat die spilpunt regtig die boer se posisie verbeter.
 
Boonop kan jy sommer sien dat Valley gebou is om te werk en te hou, sê Hekkie, wie se tegniese aanleg hom al in staat gestel het om sy eie meule te bou waar hy waarde tot sy eie produkte toevoeg.
 
Nadat Hekkie die plaaslike Valley-agent, Gys Coetzee van Croc Valley-besproeiing, geskakel het, het dinge vinnig en flink en netjies gebeur. Hulle het dadelik kom opmetings doen en waardevolle aanbevelings gemaak.
 
Hulle raad en hulp was baie nuttig en deurgaans in die kol, sê Hekkie. Hy moes die lande en die gronddam ­verander om twee Valley-spilpunte presies in te pas en hy moes bome uithaal.
 
Valley se mense het daarna alles met een slag gedoen: Moederlyne gelê, pompe aangebring en spilpunte opgerig – alles perfek reg vir gebruik en met al die ondersteuning wat Hekkie nodig het om sy spilpunte ten beste te benut.
 
Die eise wat Hekkie aan ’n spilpuntstel is eenvoudig: “Hy moet doen wat ek sê en die regte hoeveelheid water op elke plek in die land toedien. Daarbenewens moet hy onderhoudvry wees.”
 
Dit is presies wat Hekkie se Valley-spilpunte nou al drie jaar lank doen. Die neerslag is perfek en daar was nog geen herstelwerk of onderhoud nodig nie. Valley werk!

Valley kan ook vir jou werk. Praat vandag met Gert van der Werff van Valley by 082-451-5055 of 011-814-4464 om te hoor wie die agent naaste aan jou is.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0