Categories: NewsPublished On: 27th September 2011

Motorwenke-uit-die-jaar-toet

By 1 min read
249 words
Vandeesweek se wenk kom uit die Suid-Afrikaanse Boerderyjaarboek van 1925, maar dit geld vandag eweseer:
 
Die spoggerige drywer, wat kort draaie maak en skielik stilhou, trek baie aandag, maar verniel die kar. Hoe eengaliger ‘n kar bestuur word, hoe langer gaan hy hou en hoe minder raak hy uit orde uit.
 
Ligte draaie, stadige stoppe, die enjin so stadig as moontlik laat loop vir die verlangde spoed, vasdraai wat los is, stel wat uit orde is, en gereelde sorg, meen ‘n lang lewe vir die kar en vryheid van moeite.
 
As jy ry, hou aan jou linkerkant. Onthou, net die helfte van die pad is joue, onverskillig wat jy verbygaan. As jy iemand verby moet wat in dieselfde rigting ry as wat jy gaan, sny dan aan sy regterkant verby en hou dan weer aan jou linkerkant.
 
As meer mense hierdie wenke vanuit 1925 baasraak, sal ons paaie vandag veel veiliger wees.
 
‘n Boer maak ‘n plan en ‘n gawe boer deel daardie planne met ander sodat ons almal minder hoef te sukkel. Dieselfde geld die boerehuisvrou. Stuur jou plan of wenk, gemerk Boer-se-plan, aan oppiestoep@mweb.co.za en staan ‘n kans om ‘n musiekpiering van Thys die Bosveldklong te wen. Huishouwenke is ook welkom. As jy ‘n landbou- of huishouverwante probleem het wat jou grys hare gee, stuur dit ook, dan kyk ons of ons by die kenners ‘n oplossing vir jou probleem kan kry.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0