Categories: NewsPublished On: 20th January 2012

Monsanto-mielie stuit stronkboorders

By 2 min read
464 words

Stronkboorders kan nou behoorlik hokgeslaan word, sê Monsanto. Wetenskaplike proewe oor twee seisoene, 2010 en 2011, met Monsanto se nuwe tegnologie Genuity YieldGard ll GM-mielie, Mon 89034 X NK 603 beide enkelgeen of stapelgeen, was uiters suksesvol. Aanvraag vir die nuwe tegnologie was so groot dat die beperkte saadaanbod vir die 2012-seisoen soos soetkoek opgeraap is, sê mnr Andrew Bennett, bestuurder tegnologie ontwikkeling, Monsanto Afrika.

Die proewe wat onder streng regulatoriese vereistes van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye oor vier lokale gedoen is, het ‘n gemiddelde opbrengs van 7t/ha behaal. Die hoogste was 11t/ha onder besproeiing op Hartswater. Die vier lokale was Bethlehem, Bothaville, Hertzogville en Jan Kempdorp

“Dit is die areas waar daar voorheen geringe probleme ondervind is met die beheer van stronkboorders met Yieldgard I (Bt-mielie). Met die nuwe tegnologie was daar uitstekende beheer en is geen weerstand ondervind nie. ‘n Besonderse kenmerk van die nuwe tegnologie is dat die mielieplant twee proteïene bevat wat veral twee stronkboorders, nl Busseola fusca en Chilo partelus, in hulle spore stuit,” sê mnr Bennett.

Die twee proteïene word oor die hele plant uitgedruk, insluitende die pluim en baard. Dit beteken dat daar nie ‘n venstertydperk sonder beskerming is soos met die huidige YieldGard I (Bt-mielie) nie.

Mnr Bennett het beklemtoon dat die korrekte plant van toevlugsareas rondom YieldGard ll lande van die uiterste belang is om die tegnologie teen insekplae te beskerm.

Meer inligting oor die plant van toevlugsareas is by maatskappye se verteenwoordigers beskikbaar of skakel Andrew Bennett by 082-316-2197.

Die Suid-Afrikaanse Tegnologieontwikkelingspan wat ‘n sleutelrol gespeel het in die Genuity YieldGard ll Mon 89034 X NK 603 GM-mielieproewe. Agter, van links: Andrew Bennett, TO-bestuurder Afrika;  John Ramashala, Groblersdal; Riaan Rossouw, Delmas/Endicot; Anton Swanepoel, Jan Kempdorp;  Fanie Friis, TO- bestuurder, katoen/mielies, Afrika; Pieter Smit, Bloemhof en Jaco van Zyl, Groblersdal. Voor. van links: Juan Ferreira, bestuurder rygewasse, Europa, Midde-Ooste, Afrika, van Morges Switserland; Leonard Oberholzer, TO-spanbestuurder mielies, SA; Johan Bibbey, Bethlehem; Gerrie Luddick, Bothaville en Tony Johnson, Kroonstad. Afwesig: Paul Groenewald, Potchefstroom en GP van den Berg, bestuurder datasisteem.                                                                                                             

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0