Monsanto-botter-boere-se-brood-beide-kante-met-Genuity
![]() |
Nuttige tegnologie bemagtig mielieboere om doeltreffend terug te slaan teen insek- en onkruidbedreigings, en om volhoubaar winsgewend te kan boer.
Hierdie tegnologie kom van die boer se staatmaker-landboumaatskappy, Monsanto. Dit kan maklik uitgeken word aan die nuwe handelsmerk, Genuity®, maar ook aan die winsgewende resultate wat Genuity®-kultivars op die plaas behaal.
Die Genuity®-handelsmerk omvat ook ’n ikoonstelsel, waarvolgens prentjies die eienskappe van die betrokke saad op die sakkie aandui, sodat boere en plaaswerkers met ’n oogopslag kan sien waarmee hulle besig is.
’n Belangrike deurbraak vir Suid- Afrika se boere is dat Monsanto ook wetlike goedkeuring verkry het om die nuwe MON89034-geen kommersieel vry te stel. Die geen is beskikbaar onder die Genuity® YieldGard® II handelsmerk vir aanplanting in al Suid-Afrika se mieliegebiede.
![]() |
Die Genuity YieldGard® II-tegnologie bied beter beskerming teen insekte en die stapelgeen beteken dat boere se mielies teen sowel stamboorders as onkruide beskerm word. Dit verseker dat die boer twee gedugte winsvreters, insekte en onkruid, doeltreffend kan hokslaan.
Die stapelgeen kan ’n produksievermeerdering van tot 10% meebring en die gehalte van die graan sal boonop hoër wees.
’n Verdere voordeel is dat die kostedoeltreffende en tydige plaagbeheer wat dit bied veiliger vir plaaswerkers en verbruikers is.
Volgens mnr Gert Heyns, Monsanto se bemarkingsbestuurder van saad en tegnologie, is hierdie tegnologie omgewingsvriendelik en dit sal die boer se koolstofvoetspoor verklein.
Die Genuity YieldGard® II wat die MON 89034-geen bevat, verminder ook die kanse dat insekte weerstand opbou, terwyl die Roundup Ready®-onkruidbeheerstelsel perfek inpas by gevorderde landboupraktyke soos minimumbewerking wat gronderosie en kompaktering verminder, vogbenutting verbeter en vir die boer ’n aansienlike hoeveelheid duur brandstof bespaar. Genuity® sluit die volgende in:
Vir mielies:
Genuity® YieldGard® II
Genuity® Roundup Ready® Corn 2
Genuity® YieldGard® II met Roundup
Ready® Corn 2
Vir katoen:
Genuity® Bollgard® II
Genuity® Roundup Ready® Flex Cotton
Genuity® Bollgard® II met Roundup
Ready® Flex Cotton
Vir soja:
Genuity® Roundup Ready® Soya
Wie kan vir beter wens? Verdere goeie nuus is dat saadvermeerdering van die twee basters wat die nuwe eienskappe bevat reeds in 2010 gedoen is, sodat die saad reeds vir die 2011-plantseisoen beskikbaar sal wees. Praat dus vroegtydig met jou Monsanto-verteenwoordiger.
Hy sal jou help om presies die regte kultivar en chemiese middels vir jou plaas en behoeftes te kies en hoe om die beste uit Monsanto se Genuity®- geeneienskappe te put.
Genuity® YieldGard® II-mielies en Genuity® YieldGard® II met Roundup Ready®-mielies vereis ’n stewige Insekweerstandbestuurstrategie (IWB) om te verseker dat stamboorders nie weerstand opbou en die tegnologie minder doeltreffend maak nie.
Monsanto se man sal jou ook met jou IWB help sodat ons boere tot in die verre toekoms die volle voordeel van Monsanto se vindingskrag kan geniet.
Jy kan ook jou toekoms verseker met Monsanto se boervriendelike wentegnologie.
Praat vandag met Magda du Toit by 011-790-8254 of magda.du.toit@monsanto.com om te hoor wie jou naaste verteenwoordiger is. Besoek ook www.monsanto.com of www.monsanto.co.za.