Moenie jou speenkalwers verniet weggee nie: Praat eers met Beefcor
Die voerkraal lewer ’n belangrike diens in die vleisvoorsieningsketting en Beefcor probeer om sy sake op so ’n manier te doen dat hy langtermynverbintenisse met verskaffers en kliënte vestig, sê Robin Watson, direkteur van die voerkraal.
Goeie begrip tussen boer en voerkraal hou vir albei partye voordele in, daarom is samewerking in ’n langtermynverbintenis ’n verstandige belegging.
Beefcor hou volledig rekord van elke speenkalf se prestasie en stel daarvolgens ’n presdeks (prestasie-indeks) vir elke verskaffer saam.
Hierdie presdeks speel ’n belangrike rol in die bepaling van pryse wat die volgende jaar vir ’n betrokke boer se speenkalwers betaal word. Die gemiddelde prestasie is 100, maar daar is boere wie se kalwers vir hulle ’n indeks van 110 en selfs 120 lospresteer.
So ’n boer vind dat die aankoper die volgende jaar ’n veel oper hand het wanneer hulle begin prys praat.
Die presdeks is ’n deursigtige stelsel wat die boer help om speenkalwers te produseer wat die beste moontlike pryse behaal.
Beefcor koop alle soorte speenkalwers behalwe suiwel- of suiwelkruiskalwers. Voorkeur word gegee aan rasse en kruisings met ’n gunstige groei en voer-omset, met smaaklike vleis en wat nie wild is nie.
Bonsmara en Simmentaler is gawe voer-kraalbeeste en Beefcor betaal ook ’n bo-markverwante prys vir Angus-speenkalwers, want hulle lewer spesiale, gesertifiseerde Angus-karkasse aan ’n groot winkelgroep. Kruisings van vleisraskoeie en geregistreerde Angus-bulle kwalifiseer ook hiervoor.
Beefcor verkies dat kalwers onthoring moet wees, maar hulle hoef nie gekastreer te wees nie.
Hulle hou ook nie van brandmerke nie, daarom koop hulle eerder hulle speenkalwers uit die hand as op vei-lings, waar elke bees volgens wet ’n brandmerk moet hê. As jy jou beeste moet brand, doen dit dan asseblief klein en laag af op die been om so min velskade as moontlik te veroorsaak, vra Robin.
Daar is speenkalfprodusente wat hulle kalwers op die vragmotor speen. Dit veroorsaak onnodige ekstra spanning op die kalwers, wat hulle baie gewig laat verloor en hulle groei ernstig vertraag. Dit alles kos die boer natuurlik punte op die presdeks, sodat hy nie dieselfde speenkalfpryse behaal as die een wat sy kalwers twee weke voor die tyd speen – en verkieslik ook die eerste rondte inentings toedien, nie.
Buitendien is dit darem mensliker teenoor die kalf om hom vooraf te speen.
Suid-Afrika het ’n mark vir nog baie meer speenkalwers, sê Robin. Ons kalfpersentasie en speenpersentasie is baie laag en ons moet alle beskikbare kundigheid en tegnologie benut om dit op te skuif om beesboerdery lonender te maak. Waar Beefcor langtermynverhoudings met boere opbou, gee hulle raad en terugvoering wat hulle help om meer winsgewend te produseer.
Voor jy jou volgende speenkalftransaksie beklink, hoor net ’n slaggie wat Beefcor se aankopers aanbied:
Gauteng en Noord-Wes:Daan Kruger 082-803-2243
Noordkaap: Johan Kruger 082-465-8879
Vrystaat: Willie Snyman 082-375-2524
Vrede en Oos-Vrystaat: Paul Zietsman 083-393-8220
Kwazulu-Natal: Werner Potgieter 083-232-8395
Mpumalanga: Stefan van Zyl 082-778-6493
Limpopo: Lucas van der Westhuizen 082-650-6722
Namibië: Louis van der Merwe 002-646-2562-456
As jy met Robin Watson self wil praat vir meer inligting oor Beefcor en sy sakebeleid, skakel 083-287-3606.