Moenie jou op sleeptou laat neem nie: Nic is die sleepwa wat voorloop
Dink deeglik voordat jy ’n sleepwa aanskaf. Elke ding met wiele en ’n disselboom is nie noodwendig ’n dienlike sleepwa nie. Jy kan vir jou maklik ’n blote blok aan die been koop as jy jou op sleeptou laat neem met ’n wa wat nie werklik die paal haal nie.
Jy kry gewoonlik waarvoor jy betaal. Minderwaardige materiaal, ’n goedkoper ontwerp en ’n minder noukeurige vervaardigingsproses kan jou uiteindelik heelwat meer kos as wat jy bespaar het.
Nic Sleepwaens se standaarde is ontoegeeflik. Nic Sleepwaens se beleid is om nie die goedkoopste materiaal en komponente te soek nie, maar dit wat die beste diens gee. Met ’n Nic-sleepwa koop jy dus vir jou jare en jare se getroue diens met enige vragte oor enige paaie.
En ook geen wonder nie, want ’n Nic-sleepwa is ’n toonbeeld van gevorderde tegnologie om sleep ’n soet ervaring te maak. Kom ons kyk waarna opgelet behoort te word as jy ’n sleepwa wil aanskaf:
- Nic-sleepwaens is van die allerbeste, suiwerste staal gemaak. Dit beteken dat hulle sterker as gewone sleepwaens is, maar ook ligter, en dat hulle dus langer hou, swaarder vragte dra en ligter sleep.
- Nic-sleepwaens is slim ontwerp. Hulle onderstelle is buigsaam om skokke en stampe te absorbeer, wat beteken dat hulle nie, soos gewone sleepwaens, kraak nie.
- Nic-sleepwaens het ’n unieke onafhanklike veerstelsel wat verseker dat hulle nie, soos gewone sleepwaens, aan’t swaai, wip en bokspring gaan nie, dat hulle meer stabiel is en jou voertuig getrouer volg, dat hulle beter rem en dat hulle veiliger is. Selfs wanneer ’n Nic-sleepwa met sy vrag swaarder as die sleepvoertuig is, bly sy padgedrag voorspelbaar en stabiel.
- Nic-sleepwaens se rubberveerstelsel word nie moeg of pap nie en verminder die oordrag van padvibrasie na diere wat vervoer word. Dis hierdie padvibrasie wat vervoer vir veral perde, maar ook vir ander diere, ’n onaangename ervaring maak.
- Met sy unieke veerstelsel verstel ’n Nic-sleepwa self sy balans hoe swaarder hy gelaai word, sodat hy altyd voorspelbaar, stabiel en getrou in jou sleepvoertuig se spoor trap.
- ’n Nic-sleepwa is laer as ’n gewone sleepwa wat beteken dat diere makliker opklim. Die laer swaartepunt sorg ook vir meer stabiliteit.
- Nic-sleepwaens se rame is van ronde pyp gemaak, wat windweerstand verminder en verseker dat hulle makliker sleep. Hulle is ook vir minimum windweerstand ontwerp met dinge soos laaiblaaie wat dwars teen die wind geplaas word.
- Nic Sleepwaens is een van die enkele sleepwavervaardigers in Suid-Afrika wat geregistreer is vir die vervaardiging van sleepwaens tussen 2 400 kg en 3 500 kg. Hulle
- 3 500 kg-sleepwaens het boonop 5 500 kg-onderstelle wat verseker dat jy jou waardevolle vrag met volle vertroue op ’n Nic-sleepwa kan laai.
- Nic-sleepwaens se veiligheidshake, remstelsels en ligte is die beste wat die mark kan bied en werk altyd regtig.
- Omdat Nic-sleepwaens van die beste metaal en materiaal gemaak word, slim ontwerp is en nie kraak of pap word nie, behaal hulle strykdeur ’n baie goeie inruilprys. Dit beteken dat ’n Nic-sleepwa ’n belegging is waaruit jy aanmekaar waarde put.
- Op ’n gewone sleepwa waar diere kan rondbeweeg verander hulle deurentyd die balans en padgedrag van die sleepwa om jou rit in ’n onveilige nagmerrie te omskep. Met ’n Nic-sleepwa se beter veerstelsel en ontwerp, wat ’n middelhek en verskuifbare sperstawe insluit, skakel jy hierdie probleem heeltemal uit.
- As jy ’n Nic-sleepwa gekoop het, het jy klaar gekoop. Jy hoef nie later ’n plan vir dinge soos hekke of sperstawe of glymatte te maak nie, jy kan jou oploopplank van die begin af saam met die sleepwa koop en jy hoef nie, soos met sommige ander sleepwaens, pas nadat jy dit gekoop het, minderwaardige bande en ligte en dinge te begin vervang nie.
- Na honderdduisende kilometer se harde diens is ’n Nic-sleepwa steeds ’n bemarkbare, doeltreffende eenheid met ’n hoë herverkoopwaarde – dikwels meer as wat die boer aanvanklik daarvoor betaal het.
’n Sleepwa vir elke doel
As een van die vyf grootste sleepwavervaardigers met 92 agente in die RSA en Namibië, maak Nic Sleepwaens 147 verskillende modelle van piepklein tot 3,5 ton om jou behoefte te pas.
Maak nie saak wat jy wil vervoer nie – Nic Sleepwaens maak ’n sleepwa perfek vir jou doel: Beeste, skape, perde, kameelperde, renosters, volstruise, krokodille, voertuie, helikopters, vliegtuie, laaigrawe, meubels of selfs rommel.
Daar is dieselkarre, mobiele drukgange, vuurvegters, kosstalletjiewaens en selfs lykwaens. Maak nie saak watter snaakse ding jy wil hê nie; Nic Sleepwaens kan hom vir jou maak.
’n Boer maak ’n plan
Synde self boeremense, verstaan Nic Sleepwaens se slimkoppe die boer se posisie haarfyn. Dis hoekom hulle ontwerpe so perfek voorsiening maak vir die boer se behoeftes. Kyk byvoorbeeld net na hulle veesleepwaens:
- Die glymat, wat voorkom dat diere gly en seerkry, is aan die sleepwavloer vasgebout sodat dit nie ’n onaardse geraas maak soos ’n los glymat op ’n gewone sleepwa nie.
- Die sleepwa is so ontwerp dat dit maklik skoonmaak. Mis en goeters dreineer onderdeur die traliewerk sodat die sleepwa na gebruik maklik skoongespuit kan word.
- Die sleepwa het geen soliede kante nie sodat dit die minimum windweerstand het. Maar vir die keer as jy sensitiewe diere in lelike weer wil vervoer, kan Nic Sleepwaens jou ’n netjiese, pasgemaakte seil verskaf.
- Skuifhekke maak op- en aflaai maklik.
- ’n Middelhek met ’n selfsluitknip hou beeste voor op die sleepwa.
- Die sleepwaraam is 1,8 meter hoog en toe bo sodat die wildste bees nie kan uitspring nie.
- Die hekke se grendelmeganisme sluit deeglik vir groter veiligheid en skakel die ewige geratel wat ’n kenmerk van gewone sleepwaens is uit.
- Elke sluitpen is aan ’n staalkabeltjie vas sodat dit nie kan wegraak nie. Verby is die hekvasmakery met stukke draad of flenters baaltou wat jy gewoonlik by gewone sleepwaens sien.
- Nic-sleepwaens is ontwerp en gemaak om te hou. Hulle modderskerms is stewig en trapbestand en hulle gevorderde liguitstraaldiodeligte met hulle vyfjaarwaarborg is goed teen skoene, hoewe en klippe beskut.
- Boonop sleep die Nic-sleepwa ligvoets en maklik sonder ’n geruk en ’n geswaai.
Jou eie, unieke sakegeleentheid
Omdat Nic-sleepwaens jare en jare lank elke dag heeldag swaar vragte oor enige paaie kan vervoer sonder ’n oppiepery of moegwordery, is hulle die perfekte sleepwaens vir verhuring.
Nic Sleepwaens bied jou ’n klinkklare pakket om jou eie, lonende sleepwaverhuringsaak te begin:
- Unieke finansiering en versekering
- Sakeleiding en volle ondersteuning
- Lae insette; goeie, bestendige inkomste
- Snelle groei, verdubbel elke 18 maande
- Maklike bestuur
Bel Nic Sleepwaens nou by 018-673-0224 of besoek www.nictrailers.co.za vir meer inligting.