Categories: NewsPublished On: 23rd December 2011

Minder koring in Vrystaat gestroop

By 1 min read

Die verwagte produksie vir koring vir die 2011-sesoen is 1,773 miljoen ton. Dit is 2% minder as die vorige skatting van 1,808 miljoen ton. Die verwagte opbrengs is 2,93 t/ha. Die oesskattingskomitee sê die hoofrede vir die daling in koringproduksie is die droogtetoestande wat voorgekom het gedurende die graanvulperiode, veral in die Vrystaat.

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap en in die Noord-Kaap is onveranderd gelaat op 636 000 ton en 273 000 ton onderskeidelik, terwyl die verwagte produksie in die Vrystaat afgeneem het met 33 750 ton of 6,5% tot 483 750 ton.
Die totale oppervlakteskatting vir koring is onveranderd gelaat op 604 700 ha.

Ander gewasse:

Die produksieskatting vir moutgars is 284 150 ton, wat 3,3% of 9 150 ton meer is as die vorige skatting van 275 000 ton. Die oppervlakte beplant is beraam op 80 150 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,55 t/ha beloop. Die toename in die verwagte produksie van moutgars kan hoofsaaklik toegeskryf word aan gunstige weerstoestande in die produksiegebiede, asook beter kultivars.

Die verwagte kanola-oes is onveranderd gelaat op 59 490 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 43 510 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,37 t/ha.

Die sesde produksieskatting vir wintergewasse vir die 2011 produksieseisoen, sowel as die voorlopige oppervlakte beplant vir somergewasse vir 2012 op 24 Januarie 2012 vrygestel word.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment