Minder-geld-sou-meer-grond-beteken
Die staat kon aansienlik meer grond herverdeel het, was dit nie vir die nodigheid om begunstigdes te betaal nie. Volgens ‘n opname deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings kon die staat grondhervorming verdubbel het in die tydperk vanaf 1994-2009.
Volgens die Instituut se verslag het die regering R12,1 miljard spandeer aan ongeveer 2,6 miljoen hektaar grond as deel van hulle hervormingsprogram. Grondpryse in die hervormingsprogram is na raming R12 400 per hektaar in Gauteng, terwyl grond in die Vrystaat verkoop is vir R12 200 per hektaar.
In ‘n berig op Nuus24 word beweer dat ongeveer R5,7 miljard in kontant aan begunstigdes gegee is in plaas van grond. Mnr Kerwin Lebone van die Instituut vir Rasseverhoudings meen die regering kon ‘n bykomende 2,6 miljoen hektaar grond gekoop het met die geld.
Bron: News24