Categories: NewsPublished On: 29th June 2010

Midmacor se sonwaterverwarmer: Haal die bibber uit die winter en bespaar hope geld!

By 2 min read

’n  Strawwe toets vir enige sonwaterverwarmer is winter in die koue Vaalriviervallei by Loch Vaal naby Vanderbijlpark.

Dis presies hier waar Midmacor se sonwaterverwarmer sy waarde bewys. Toe mnr Joop Pienaar ’n nuwe huis hier bou, het hy besluit om ’n sonwaterverwarmer te installeer sodat hy homself teen elektrisiteitprysstygings kon
verskans en terselfdertyd sy groen bydrae kan maak.

Op ’n wintersoggend, met die buitetemperatuur minus 4 grade en al wat kraan is toege-ys, verlustig hy hom in sy water se temperatuur van 64 grade – en dit sonder om ’n krieseltjie elektrisiteit te gebruik.

Mnr Pienaar het die stelsel nou ’n bietjie langer as ’n maand en alles was nog net pure plesier: van die begrip en kundigheid waarmee Midmacor se mense hom by Nampo raad gegee het, tot die bekwaamheid en betroubaarheid van Midmacor se aanbevole installeerder, waarvan daar landwyd genoeg beskikbaar is, en uiteindelik die heerlike warm water wat hy vandag ten spyte van bewolktheid en die bittere koue daarbuite gratis geniet.

Die lekkerste van alles is natuurlik die feit dat hy seker is dat die elektrisiteitskoste wat hy bespaar die stelsel binne ’n jaar sal betaal en daarna hou die hoë elektrisiteitsprys vir hom min bedreigings in. Eskom self sê dat waterverwarming vir 40 tot 50% van ’n huishouding se elektrisiteitskoste verantwoordelik is, so elkeen kan vir homself dink wat sonwaterverwarming hom kan bespaar, sê mnr Pienaar.

Maar dan moet dit ’n doeltreffende toestel wees wat deur betroubare mense verskaf word, voeg hy by.

Midmacor bied ’n eenheid aan wat met die byvoeging van ’n opsionele drukomskakelstelsel op hoë- en laedruktoepassings werk. Groottes van 80, 150 en 200 liter is beskikbaar en hulle almal gebruik die gevorderdste, maar doeltreffendste en betroubaarste tegnologie en geniet Midmacor se rotsvaste rugsteundiens.

Daar is ook ’n opsionele kontrolepaneel met ’n element. As ma en kinders al die badwater opgebruik het en dit is ses-uur die aand, kan hierdie stelsel gebruik word om, as alternatief, die water warm te maak. Die aanskakeltyd, sowel as die aan-en-afskakeltemperatuur, kan gestel word. So kan jy byvoorbeeld besluit om die eenheid te laat aanskakel teen 5-uur die oggend, maar slegs as die temperatuur onder byvoorbeeld 40 grade is. Dit help om by daardie ongemaklike noodgevalle verby te kom.

Praat vandag met Neville Pain by 074-319-1665 of  Lourens van Schalkwyk by 079-512-6004 of kantoor 011-221-3750 of e-pos alwyn@midmacor.co.zavir meer inligting. Besoek ook www.midmacor.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0