Categories: NewsPublished On: 6th July 2010

Met-Nissan-Diesel-se-Quon-UD-390…-Raak-swaar-vragte-lag-lag-baas

By 3 min read
520 words

Uiterste betroubaarheid. Dit is Nissan Diesel Suid-Afrika (NDSA) se mikpunt en dié doel is wel deeglik bereik met hulle Quon UD 390 ekstraswaar vragmotor. Kyk net:

Díe magtige bulperd lewer ’n onverdunde 286 kW krag met sy nuwe, verbeterde GE 13 TB-enjin. Dit is 73 kW (34%) meer krag en 520 Nm (43%) meer wringkrag as sy reeds gedugte voorganger, die Quon UD 290.

Sy elektronies beheerde hoëdrukinspuiters sorg nie net vir beter ontbran­dingsdoeltreffendheid en dus meer krag nie, maar ook vir ’n laer brandstofverbruik en minder besoedeling.

Sy herontwerpte turbo-aanjaer dra by tot sy beter kraglewering en sy lugdina­miese ontwerp wat minder windweerstand tot gevolg het help om die laer diesel­verbruik te verseker.

Al hierdie krag word suksesvol en ekonomies deur ’n 7-gang ratkas oorgedra.

NDSA strewe daarna om die beste en bruikbaarste tegnologie in die ekstra­swaar-vragmotorbe­dryf in Suid-Afrika beskikbaar te stel – sonder onnodige tierlantyntjies, maar met inbegrip van alles wat vragmotoreienaars in Suid-Afrika se lewe makliker kan maak.

Die vlagskip-Quon-reeks is die vergestalting van hierdie beleid: Dit is taai, sterk vragmotors, gebou om swaar vragte jaar na jaar ekonomies en doeltreffend te dra, maar met die grootste gemak, gerief en veiligheid vir die bestuurder en so omgewingsvriendelik as wat kan kom.

Veiligheid: Die Quon UD 390 koester sy insittendes met die voorste veiligheidstoerusting beskikbaar. Hy het ’n sterker, meer duursame kajuitstruktuur, ’n sterker vloer en stamper-subrame, ’n skokwerende stuurkolom en stuurwiel, misligte, hoogteverstelbare hoofligte, groter kantvensters vir beter sig en sluitwerende remme.

Gerief: Die nuwe kajuitmonteerstelsel met lugvering sorg vir meer stewigheid en minder rol, duik, skok, vibrasie en kajuitskud. Boonop is die kajuit ruimer en die lugversorging beter.

Die bestuurder se sitplek verstel makliker en sit gemakliker met sy armleunings, en die nuwe instrumentpaneel wat om die sitplek gerangskik is, sorg dat die bestuurder alles met die minste moeite kan sien of bereik.

Al hierdie eienskappe werk saam om groter gemak, minder uitputting en hoër produktiwiteit te verseker. Daartoe help ook die gerieflike toegangstrappies, selfs met liggies by die trappies aan die bestuurder se kant.

Verdere nuwe eienskappe is die verbeterde harnas- en bedradingsbeskerming, die sluitbare brandstoftenkprop om dieseldiefstal te verhoed en sleutelbeheerde sentrale sluiting.

“Ons wil ’n bydrae tot ons klante se sukses lewer deur betroubare produkte en dienste te bied, en ’n meer doeltreffende leefsikluskoste as dié van ons mededingers te bewerkstellig,” sê mnr  Johan Richards, uitvoerende hoof van NDSA.

“Ons is met die bekendstelling van elke nuwe Quon-model baie versigtig om te verseker dat ons ’n produk van hoë gehalte verskaf wat ons oogmerk onderskraag om die beste moontlike lewensduur te bied. Daarmee verseker ons vir ons klante soveel as moontlik rytyd.”

Nissan Diesel het meganismes in werking gestel wat verseker dat die koste van instandhouding baie mede­dingend is sodat die boer en die vervoerkontrakteur op werklik betroubare, werklik doeltreffende en werklik bekostigbare vervoeroplossings kan reken.

Praat vandag nog met jou Nissan Diesel-handelaar oor die vervoeroplossing vir die toekoms – Nissan Diesel Suid-Afrika se Quon-reeks.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0