Categories: NewsPublished On: 31st May 2010

Meng-self-jou-kunsmis;-dit-bespaar-geld-en-verseker-gehalte

By 2 min read
485 words

PerMeng-self-jou-kunsmis-dit-bespaar-geld-en-verseker-gehalte/p>

As ’n mens aan meng dink, sien jy gewoonlik voor jou geestesoog ’n tamaai, kragvretende konka wat dol rondtol of waarbinne die stomme kunsmis met spane en roerders moedeloos geklap word.

Dis volstrek nie hoe die gevorderde Perfecto Ferto-menger werk nie. Nee, hy het drie hoofbakke waaruit die verlangde hoeveelheid grondstowwe met veertien uitmeters presies uitgemeet word.

Die oomblik as die grondstowwe uit die afsonderlike bakke op die deflektorplaat val, is dit reeds presies perfek vermeng. Die Perfekto-“menger” is dus in der waarheid eintlik ’n akkurate uitmeter!

Die eenheid het boonop kleiner bakkies waarmee mikro-elemente soos sink en boor presies akkuraat bygemeng word.

Een van die hoofbakke het ’n as met spane wat jou in staat stel om traag-vloeiende stof soos gekomposteerde mis of ghwano by te meng.

Humiese produkte soos K-humate kan ook op die mengsel gespuit word om elemente makliker opneembaar vir plante te maak.

Die gemengde kunsmis beweeg met ’n uitlaaigeut na ’n oorslagklep om sakke te vul.

Jy kan die eenheid stel om tussen 2 en 12 ton gemengde kunsmis per uur te lewer, maar soveel eenhede as wat jy wil kan langs mekaar geplaas word as dit te stadig na jou behoefte is.

Kyk net watter voordele selfvermenging met Perfecto Ferto vir jou kan meebring:

  • Sowat van akkuraatheid het jy nog nooit gesien nie. Dis oor en oor bewys dat die afwyking  minder as 1% is.
  • Jy kan enige mengsel maak wat jou grond begeer, sonder enige tekorte of oortoedienings.
  • Die gewone mengproses se probleme van segregasie, stofvorming en hersirkulering van materiaal is nie by die Perfecto Ferto-menger ter sprake nie.
  • Geen vuller of klippies hoef gebruik te word om klein hoeveelhede by te meng nie. Dit beteken minder arbeid en goedkoper vervoer.
  • Die Perfecto Ferto-mengproses vind deurlopend plaas – nie in klompe soos met konkamengers nie. Dit beteken ’n gladder mengproses en meer sinvolle benutting van arbeid.
  • Met klaargemengde kunsmis moet jy koop wat jy kry en betaal wat die verskaffer wil hê. Die  Perfecto Ferto-menger stel jou kunsmismengsel nommerpas  volgens jou behoefte saam en jy kan die verskillende grondstowwe elkeen aankoop waar jy dit die goedkoopste kan kry.
  • Die grootste voordeel is Perfecto Ferto se ongeëwenaarde doeltreffendheid en die kostebesparing wat dit vir die boer bewerkstellig.

Nog goeie nuus is dat die eienaar van ’n Perfecto Ferto-menger nooit alleen staan nie. Saam met die menger kry jy volledige opleiding, ’n rekenaarprogram waarmee jy enige mengsel kan uitwerk en al die rugsteundiens wat jy nodig het.

Die menger verbruik nie eintlik onderdele nie, maar vir ingeval is daar landwyd gewaarborgde onderdele beskikbaar en vakmanskap word vir ’n jaar gewaarborg.

Jy kan ook wen deur jou eie kunsmis te meng. Praat met Hennie Weideman by 056-213-1884 of 082-459-6858 of faks 056-213-1884 of e-pos hennie@perfectoferto.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0