Categories: NewsPublished On: 26th April 2011

Melkkopers-nie-meer-aangekla

By 1 min read

Die Mededingingskommissie het aangekondig dat die saak teen Clover, Nestlè, Parmalat en Ladismith Cheese rakende prysvasstelling teruggetrek is. Die saak sloer al ‘n paar jaar en het selfs ‘n draai in die appèlhof gemaak.

Die hof het in September verlede jaar beslis dat die Kommissie nie regmatige gronde gehad het om met die ondersoek te begin nie, aangesien die bewerings teen elke firma nie vooraf gespesifiseer is nie. Dit was dus nie redelik om te vermoed dat alle maatskappye in die bedryf hulle aan dieselfde gedrag skuldig gemaak het nie.

Die Kommissie het die aanklagte teen die maatskappye teruggetrek, maar wel ‘n span saamgestel om ondersoek in te stel na die huidige stand van mededinging in die produksie- en verwerkingsektore van die bedryf.

Mnr Bertus de Jongh, die hoofuitvoerende beampte van die MPO, het ondertussen die terugtrekking van die klagtes verwelkom. Hy sê dat dit ‘n verligting vir die hele bedryf is dat die bedreiging van die betaling van groot boetes verdwyn het. Melkboere was bang dat die boetes na hulle as prysnemers in die bedryf afgewentel sou word.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment