Categories: NewsPublished On: 30th September 2011

Melkboksake word bespreek

By 1 min read

Van die seleksie van melkbokke tot die etikettering van kaas word op ‘n twee-daagse inligtingsforum in Pretoria bespreek. Die forum word op 5 en 6 Oktober deur die Melkboktelersgenootskap aangebied en word afgesluit met ‘n melkbokveiling.

Enige bestaande en voornemende melkbokboer of kaasmaker kan baat vind by die inligting wat beskikbaar gestel gaan word. Kundiges in die bedryf praat oor sake soos seleksie, voervereistes, rumengesondheid, uiergesondheid, ‘n holistiese benadering, dierehantering en stres en melkaantekeninge. Op die tweede dag word daar onder andere gepraat oor wetgewing rondom etikette, ekonomiese feite en hoe om bokke vir ‘n skou voor te berei. Donderdagmiddag is dit dan veilingtyd.

Die lesings word in die Frans Bothma ouditorium in die Suiwelgebou by die LNR in Irene aangebied.

Die program begin agtuur elke oggend en dit kos net R500 per persoon – etes ingesluit. Die organiseerder, Rina Belcher van Belnori sê hulle probeer dit so goedkoop as moontlik hou, want dit is vir hulle belangrik dat almal in die bedryf toegerus word met goeie inligting sodat die bedryf kan groei.

Vir die volledige program en inskrywingsvorm besoek www.milkgoats.co.za. 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment