Categories: NewsPublished On: 5th May 2011

Melkboere praat oor groot sake

By 1 min read
149 words

Die tweejaarlikse Groot Kudde- (Large Herds)konferensie vind van 6 tot 8 Junie in Oos Londen by die Premier Hotel Regent plaas.  Die Melkprodusente-organisasie sê die konferensie is noodsaaklik vir enige melkboer en hulle hoop om baie ‘binnelandse’ produsente daar te kry.

Verskeie kritiese aspekte van melkerybestuur gaan aangespreek word en daar sal ook baie pitkos vir nie-weidingsboere wees.  Die program is saamgestel nadat melkprodusente self insette gelewer het. 
 
Daar word onder meer gepraat oor ekonomiese faktore, klimaatsverandering, die gebruik van tegnologie, uiergesondheid, behuising, weidingsbestuur en lesse uit Nieu Seeland en Tasmanië. Daar is ook ‘n plaasbesoek in die Alice-omgewing en ‘n spesiale program vir die dames.
 
Die MPO sê bywoning van die konferensie is waardevol vir enigeen wat meer as 40 koeie melk.
 
Volledige inligting oor die konferensie kan op die webwerf: www.largeherds.co.za gevind word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0