Categories: NewsPublished On: 18th October 2011

Melk-meer-vir-meer

By 1 min read
180 words

Suiwelwetenskaplikes by Cornell Universiteit in New York het navorsing gedoen oor die invloed van ‘n verhoogde melkfrekwensie op koeie tydens vroeë laktasie. Die resultate van die studie, wat 398 koeie van vier kommersiële melkerye ingesluit het, is in die September-uitgawe van die Journal of Dairy Science gepubliseer. 

Die kontrolegroep koeie is tydens hulle hele laktasieperiode twee keer per dag gemelk, terwyl die res met ingang van dag een tot sewe, afhangende van die plaas, tot op dag 21 van hul laktasieperiode vier keer per dag gemelk is en daarna twee keer per dag. Die studie het bevind dat die koeie wat gedurende vroeë laktasie meer gereeld gemelk is, se melkproduksie gedurende die eerste sewe maande van laktasie met ongeveer 2 liter per dag het toegeneem het. Daar was geen betekenisvolle verskille tussen die eerste-laktasie koeie en dié in die tweede laktasie en hoër nie. 

Die algehele proteïenopbrengs het ook met melkfrekwensie toegeneem, maar daar is ook bevind dat  plaasbestuur ‘n belangrike rol in die algehele uitwerking van verhoogde melkfrekwensie gespeel het.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0