Meesters in waterberging: Hydrotek is die boer se watermater
Water is waardevol en verdien die beste, doeltreffendste, maar ook die bekostigbaarste en betroubaarste bergingstoerusting.
Dis hoekom boere reken op Hydrotek, die boer se watermater, vir ’n oplossing vir elke waterber-gingsbehoefte.
Talle boere reg oor die land getuig van Hydrotek se puik produkte en hulle kundige, behulpsame personeel wat die boer immer die beste raad en oprigtingsdiens bied.
Kyk wat het Hydrotek alles vir die boer:
- Staal maasdraad-damme van PVC (3 000 tot 169 000 ℓ)
- Selfondersteunende nooddamme van PVC (5 000 tot 71 000 ℓ)
- Gronddam-voerings
- Duursame sinkaluminiumstaalpaneel-damme met PVC-voerings (52 000 tot 1 000 000 ℓ)
- Vervangingsvoerings wat ou beton- en sinkdamme weer waterdig maak
- Vertikale en horisontale poliëtileentenks (240 tot 20 000 ℓ)
- Watertenk-staanders
- Septiese tenks van poliëtileen
- Ecoscan waterlose toilette
- Puttoilette van poliëtileen
- Silotenks en staanders
- Poliëtileentenks met los deksels vir water en chemikalieë
- Vullisdromme van poliëtileen
Werk wys met jou water. Praat met jou watermater by 011-974-5715, freddie@hydrotek.co.za of besoek www.hydrotek.co.za.