Categories: NewsPublished On: 30th June 2010

Meer-krag,-skoner-lug,-minder-diesel:Só-ry-Nissan-Diesel-trokke-tot-in-die-boer-se-hart

By 3 min read
556 words

Die unieke kombinasie van enjinkrag, verstandige kragoordragverhoudings, wye aanwendingsmoontlikhede en duursaamheid maak Nissan Diesel-vragmotors die eerste keuse van ernstige boere en vervoerkontrakteurs.

En met sy nuwe reeks enjins, is Nissan Diesel se swaarvragmotorreeks nou nóg meer gedug. Maar die nuwe enjins beteken nie net meer krag nie – dit beteken ook ’n laer dieselverbruik en skoner uitlaatgas wat loshande aan die standaarde voldoen wat in 2010 in Suid-Afrika verpligtend word.

Boonop verseker hierdie enjins ’n hoër gemiddelde spoed wat bestuurderuitputting verminder en produktiwiteit
verhoog.

Soos met al Nissan Diesel se produkte, is die nuwe enjins vooraf deeglik in Suid-Afrikaanse omstandighede getoets sodat doodseker gemaak word dat dit uitmuntend aan plaaslike eise voldoen.

Die doel is om net produkte van die hoogste gehalte en duursaamheid te bied sodat die vragmotor sy eienaar oor ’n lang tydperk met die minste moontlike koste en staantyd kan dien. Die nuwe enjins voldoen perfek aan
hierdie vereistes.

Die nuwe ND FE6TA-enjin met sy 157 kW krag en 588 Nm wringkrag pronk in Nissan Diesel se UD60B- en UD70B-vragmotors. Hy werk met tweekleptegnologie en het ’n meganiese spoedreëlaar, sowel as ’n tyd- en inspuittempobeheerstelsel wat as TICS (timing and injection control system) bekend staan.

Dis hierdie einste TICS wat die enjin instaat stel om meer krag en wringkrag te lewer, minder diesel te gebruik en minder uitlaatgasbesoedeling te pleeg.

Die FE6TB-enjin se 175 kW en 660 Nm kom goed te staan in die UD80B-, UD85B- en UD90B-trokke. Dié kragman gebruik vierkleptegnologie, ’n elektronies beheerde spoedreëlaar en ’n TICS-inspuitpomp.

Nissan Diesel het ook ’n UD95 en ’n UD100, wat reeds in 2007 geloods is met ’n ND FE6TC-enjin wat aan Euro II-vereistes voldoen. Hierdie Simson skop 190 kW en 710 Nm uit!

Maar ’n trok bestaan nie net uit ’n enjin nie. Nissan Diesel het ook die kragoordragstelsels van die reeks gestandaardiseer. Die Nissan Diesel MLS62B is ’n sesspoed sinchro-inkam ratkas met die hoogste rat ’n snelgang om die beste werkverrigting te verseker.

Die UD90B het ’n koppelaarplaat van 380 mm om ’n bruto kombinasiemassa van 24 ton te hanteer, en die res van die modelle ’n 350 mm-koppelaar.

Die reeks is die perfekte oplossing vir vragte van 6 tot byna 11 ton. Hulle wielbasisse is vir ’n wye reeks toepassings ontwerp, insluitende vragdraers met enige soort bak en omskakeling na voorhakers. Volgbyasopsies by die UD90 en UD100A bemoontlik ’n 6×2-konfigu-rasie met ’n groter loonvragvermoë.

Nissan Diesel se gulhartige waarborg wys watter vaste vertroue hulle in hulle trokke stel:

  • Kajuit (aanvreting): 60 maande
  • Voertuig: 12 maande, onbeperkte  afstand
  • Uitgebreide kragoordragstelselwaarborg: 24 maande/300 000 km
  • Diens- en onderhoudkontrakte word na keuse aangebied

Meer as vyftig Nissan Diesel-handelaars regoor die land sorg volgens streng gehalte-vereistes dat jou trok regdeur sy lang lewe net die beste diens lewer.

Hierdie diens word nog verder gevoer met ’n 24/7-nooddiens, waar kliënte bloot 0800-008-800 hoef te skakel om hulp langs die pad te kry. Die boer kan dus met vertroue die langpad aanpak met sy kosbare vrag vee of bederfbare produkte op sy Nissan Diesel se stewige bak.

Vir meer inligting, praat met ­Raymond Schulz by 012-564-9550 of 083-290-6567 of e-pos raymonds@
nissandiesel.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0