Max Yield plant pit vir pit presies
Waarom self sukkel as Max Yield Agri Services vir jou professioneel presies kan plant om jou die beste kans op daardie wenoes te gee?
Max Yield Agri Services is die flink presisie plantkontrakteurs wat die mees gevorderde toerusting gebruik om boere die beste planttegnologie te bied vir winter- en somergraangewasse.
Hulle spesialiseer in minimum- of geenbewerkingplantwerk, maar hulle toerusting kan ook in konvensioneel voorbereide lande werk.
Max Yield plant met gevorderde nuwe 4-bak (2 000 liter elk) Ausplow dbXtreme ’air seeder’-planters met die volgende eienskappe:
- 300 mm ryspasiëring (of veelvoude van 300 mm)
- 42 rye (op 300 mm spasiëring)
- 175 mm mespuntskare
- 42 kouters vir sny deur oesreste op minimum- of geenbewerkinglande
- Chemiese spuitstelsel vir toediening van vooropkoms onkruiddoder
- Elektronies beheerde en baie akkurate saad- en korrelkunsmisuitmeetstelsel
- Trekkers toegerus met outomatiese GPS-stuurstelsels
- Plant tussen 100 en 150 ha per 24 uur siklus (per planter)
Hierdie planters stel hulle in staat om sojabone en ander somergewasse wat nie in die ry akkuraat gespasieer hoef te word nie, te plant. Die planters kan gekonfigureer word om met 300, 600 of selfs 900 mm ryspasiëring te plant en is ontwerp om regstreeks in onbewerkte lande te plant (byvoorbeeld pas gestroopte mielie-, soja- of sonneblomlande).
In September neem Max Yield ook besit van ’n aantal sesry Tatu-mielieplanters wat vir sowel konvensionele plantwerk as minimumbewerking geskik is. (Vir minimumbewerking word die skottelkouters met 280 mm skeurploegtande vervang.)
Die voordele wat hierdie toerusting in ’n minimum- of geenbewerkingstelsel bied, is:
- Drasties verlaagde dieselverbruik (5 tot 8 liter per hektaar vir die plantproses, afhangende van die gronddigtheid)
- Verminderde meganisasiekoste as gevolg van beperkte grondvoorbereiding
- Verminderde wind- en watererosie
- Soos organiese materiaal opbou, verbeter grondstruktuur en grond se vermoë om vog te behou
Haal die kopseer uit plantwerk. Laat MaxYield vir jou plant vir top resultate. Skakel Hannes van Staden by 082-419-3337 e-pos hannes@maxyield.co.zaof Quintus van Staden 083-254-1053 e-pos quintus@maxyield.co.za.