Matie se kwas is stil
Matie Botha, wat bekendheid verwerf het in die landbougemeenskap as skilder van plaastonele en veral trekkers, is oorlede na ‘n hartaanval. Hy was 56 jaar oud.
Sedert 2010 was Matie die Trekkerskilder ‘n bekende gesig as uitstaller op landbouskoue en kunstefeeste. Hoewel hy enigiets anders ook kan skilder, het boere veral vir hom gevra om hulle trekkers te skilder.
Matie laat sy vrou, Tina, twee dogters, Nilanie en Carlie, en twee kleinkinders agter, Ariana (2) en Dante-Joshua wat maar ses maande oud is. Nilanie vertal hy het die afgelope Sondag nog met sy kleinkinders op die vloer gesit en speel, met geen teken van siekwees nie.
‘n Roudiens word eerskomende Saterdag, 25 November, om eenuur by die Brooklyn Doxa-Deo-kerk gehou.
Liewe Tina en kinders,
So jammer om te hoor van jul groot
Mag julle toegevou word in ń sagte kom res van vrede en liefde. Mag die teenwoordigheid van God ons Vader by julle wees.
Lynette Steyn
Matie Botha se roudiens sal Saterdag 25 November om 13:00 plaasvind by Doxa Deo Brooklyn Kampus, 112 Anderson str Brooklyn, Pretoria.