Categories: NewsPublished On: 13th July 2010

Manitou-vir-jóú-plaas:-Dis-soos-’n-groot,-sterk,-ratse-ekstra-hand!

By 4 min read

Kinderspeletjies! Dis wat oplaai en aflaai, verskuif en skoonmaak deesdae by Kameeldrif Voerkraal is – want Kameeldrif Voerkraal se mense sukkel nie meer met trekkers en laaigrawe en vurkhysers nie, nee hulle beweeg nou aan die voorpunt van materiaalhante­ring met hulle Manitou MLT 735 120 LSU!

By ’n voerkraal wat nie net sy eie 1 800 beeste aan die smul hou nie maar ook rantsoene vir ander boere lewer, is materiaalhantering groot sake. Bale en sakke moet afgelaai en gestapel word, massaruvoer moet nadergegebring word, voermengers moet gevoer word; alles elke dag van die more tot die aand.

Burger Marais van Kameeldrif Voerkraal kry ’n moedelose trek op die gesig as hy vertel hoe hulle eers met laaigrawe en vurkhysers gespook het sonder om regtig hond haaraf te maak.

Maar sy oë blink as hy vertel, en wys, hoe hulle een Manitou nou al hierdie take lag-lag op sy stewige, soepel rooi skouers neem – en dan nog ander groot werk ook doen, soos om mis uit te ry en te stapel, watertenks doer bo op hulle stellasies staan te maak en swaar toerusting te verskuif.

“En sodra Manitou ons ’n driepunthyser gee, gaan ons nog met hom ploeg ook,” sê hy.

Soos jou eie hand

Om met die Manitou te werk is pure plesier. Weg is die primitiewe ou kieries waarmee die rukkerige robotbewe­gings van gewone toerusting bewerkstellig word. Met die Manitou se enkele beheerarm knus in jou palm word jou teleskopiese balk en jou laaibak of baalvurk soos jou eie arm en hand, waarmee jy enige werk presies en met een vloeiende beweging doen – so maklik soos suiker in jou koffie gooi.

Alles werk sinvol en logies en voor jy weet vat jy met jou Manitou net so fyn en raak as met jou eie, persoonlike vingers. Maar waar hy vat daar vat hy vas en waar hy optel daar reik hy hemelhoog.

Kameeldrif se Manitou se 735 beteken dat hy 7 meter ver of hoog kan reik en 3,5 ton kan optel. Die 120 in sy naam beteken dat sy enjin so sterk soos 123 perde (90,5 kW) is.

Burger het drie aanhegsels: ’n laaibak met ’n gladde bek vir voerhantering op die sementvloer in die skuur, ’n laaibak met tande vir mis- en grondhantering en ’n baalvurk waarmee ronde of reghoekige bale hanteer word.

Talle hegstukke

Daar is natuurlik talle ander hegstukke beskikbaar vir enige werk wat jy in die landbou-, bosbou-, bou- of konstruksiebedryf wil doen en die beste nuus is dat dit geen gereedskap en minder as ’n minuut se tyd verg om hegstukke om te ruil.

So sterk, stewig, stoer en stabiel soos die Manitou is, so liggies is hy om te bestuur en so fyntjies trap hy nader om presies te vat. Met die druk van ’n knoppie kan jy sy stuur stel sodat hy net met die voorwiele stuur; sodat sy voorwiele eenkant toe krink en die agterwiele anderkant toe wat hom in staat stel om byna op die plek te rondomtalie; en sodat al sy wiele dieselfde kant toe draai sodat jy kreefskeef naderkom om enigiets op enige plek by te kom.

Met sy slim ontwerp werk die Manitou maklik binnenshuis of in klein ruimtetjies en hy maak ook nie ’n geraas nie.

Manitou se wêreldleier ontwerp- en vervaardigingsvernuf word gerugsteun deur Manitou SA se toegewyde kundigheid en diens.

Die enkele keer toe Burger ’n probleem met sy Manitou ondervind het, was toe hy self per ongeluk ’n venster gebreek het. Dit het net een telefoonoproep gekos en voor sononder was Kameeldrif se Manitou in volle glorie herstel.

Manitou bied ’n wye reeks werktuie presies vir elke behoefte en al wat jy hoef doen om jou eie Manitou te ontplooi, is om Johan van der Westhuizen te skakel by 082-490-5665 of 011-975-7770.

Ander stories:

Valtrac se FH maak optel ligte werk
 
Die FH is ’n werktuig in sy eie klas wat die boer se taak immer makliker maak. Wat boere veral opgewonde maak, is sy mededingende prys en die feit dat hy in Suid-Afrika verskaf en gerugsteun word deur Valtrac – die landboumaatskappy wat bekend is vir sy skitterende produkte en legendariese diens aan die boer.
Manitou is die boer se ratse regterhand
 
Manitou is immers die wêreld se voorste verskaffer van hanteringstoerusting vir die boer. Manitou is jou antwoord of jy nou massasakke, boumateriaal, grond, mis, kunsmis, of – soos Karan – voer wil hanteer.
Ontmoet Kubota, die “blerrie lekker trekker”
 
“’n Blerrie lekker trekker!” Dis hoe Justin Cook, bekende waterponie- en veldfietsrenjaer, sy pa, Robbie, se Kubota B2410 beskryf. En Justin behoort te weet, want in sy sport het hy deeglik geleer om uitstaande ingenieursvernuf te waardeer – en dit is Kubota terdeë.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment