Categories: NewsPublished On: 7th July 2010

Manitou-is-melkboer-se-regterhand

By 3 min read

Hoe ’n bedrywige boer sonder ’n Manitou kan klaarkom, gaan die verstand te bowe. So glo Richard Newcombe van die plaas Thorney Croft naby Colchester in die Oos-Kaap.

Thorney Croft se Manitou MLT 735 – 120 LSU is elke dag oral besig om die boer op verskillende maniere te dien en as die son sak staan jy verstom oor die groot aantal take waarmee hy die dag vir jou ligter gemaak het.

Om ’n melkery met 800 koeie in melk se voer te hanteer is ’n groot werk, maar Manitou doen dit lag-lag. Soveel voer het ’n gewigtige resultaat en die Manitou is ewe getrou met die uiteindelike misuitryery.

En tussendeur is hy oral op die plaas rond om te doen wat sy hand vind om te doen.

Stop die kunsmislorrie op die werf, draf die Manitou energiek nader om af te laai en netjies weg te pak – en later weer om kunsmis te laai om lande toe te gaan. Of jy kunsmis (of enigiets anders) in sakkies op palette, in massasakke of in groot losmaat wil hanteer, Manitou het ’n aanhegsel vir elke geleentheid.

Thorney Croft se Manitou staan ook sy man met pad­onderhoud, om gwarrieklip op sleepwaens te laai en met ’n swetterjoel ander take, soos om ligte reg te maak of om tenks op vragmotors te laai of om sleepwaens rond te sleep.

Die Manitou word ook nader geroep as masjinerie of boumateriaal afgelaai moet word en selfs wanneer kuilvoer vasgetrap moet word.

Om al hierdie take maklik baas te raak, het die Manitou ’n verskeidenheid aanhegsels. Die Newcombes het 2 skoppe, ’n paletvurk, baalvurke en ’n kuilvoergryper. Toe hulle ’n ou heining se pale wou uittrek, het hulle ’n stompklamp gebruik en daarmee korte mette met ’n andersins ongemaklike taak gemaak.

Alhoewel hy sy Manitou nog nie daarvoor gebruik het nie, is Richard seker dat dié nuttige masjien maklik ’n planter of kunsmisstrooier sal kan sleep om nog meer vir die boer te doen.

Net met op- en aflaaiwerk het die Manitou twee trekkers vervang. Dit beteken dat een masjien met een operateur die werk veel gouer en flinker afhandel en boonop net 2,5 tot 4,3 liter diesel per uur vir swaar laaiwerk gebruik.

Toe Richard trekkers met laaigrawe gebruik het, moes hy boonop vier tot vyf keer per jaar koppelaars vervang, wat met die Manitou glad nie nodig is nie omdat jy glad nie ’n koppelaar gebruik nie. Jy sukkel ook nie met ratkie­ries nie. Al wat jy doen is om die beheerarm wat lekker knus in jou handpalm pas vorentoe of agtertoe te stoot as jy vorentoe of agtertoe wil beweeg.

Die bewegings van die Manitou se teleskopiese arm word met dieselfde arm en dieselfde hand beheer – alles so eenvoudig dat enig­iemand met hom kan werk.

Een ding is seker: Sonder ’n Manitou sal Richard nie graag wou probeer boer nie, want hy maak take wat andersins groot, moeilik, duur en tydrowend sou wees maklik.

Hoekom sal jy sukkel terwyl Richard Newcombe lekker boer? Praat vandag met Manitou se mense en maak jou werk ook maklik. Bel Johan van der Westhuizen by 082-490-5665 of 011-975-7770 of besoek www.manitou.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0