Manitou-is-die-boer-se-ratse-regterhand
Vreet is al wat die 100 000 beeste in Karan Beef se voerkraal anderkant Heidelberg op pad Vaaldam toe dag en nag doen.
Dit beteken dat Karan se mense moet bontstaan om elke dag byna 900 ton voer voor te berei en keurig op te dien.
Vir hierdie taak mag net die beste, betroubaarste, doeltreffendste masjinerie gebruik word, want die voergeëry duur 7 dae per week, 365 dae van die jaar voort. Geen masjien durf loop staan nie, want die gedagte aan 100 000 honger, bulkende beeste is te aaklig om te bedink.
Dis hoekom Karan Manitou vir voerhantering gebruik. Manitou is immers die wêreld se voorste verskaffer van hanteringstoerusting vir die boer.
Manitou is jou antwoord of jy nou massasakke, boumateriaal, grond, mis, kunsmis, of – soos Karan – voer wil hanteer.
Charles Brown van Karan Beef sê hy weet regtig nie hoe hulle al die beeste gevoer sou gekry het sonder Manitou nie. Toe hy agt jaar gelede by Karan aangekom het, het hulle reeds Manitou vir voerhantering gebruik en dié nuttige masjiene se betroubaarheid en doeltreffendheid verstom hom nog steeds.
Een Manitou MLT 627T werk in die lande om bale op en af te laai en netjies te stapel. Hy beweeg ligvoets oor ruwe terrein, tel 2,7 ton tot 5,5 meter hoog op en reik 3,2 meter vorentoe om enige plek op enige vragmotor of baalstapel by te kom.
By Karan se voermeule werk die Manitou se identiese broer om bale van sleepwaens af te laai, in die stapelwerf te pak en die ewig hongerige voermengers te voer.
Ten spyte van sy reuse werkkrag is sy lyf klein genoeg om oral in enige skuur of voermeule by te kom. Daarby krink sy agterwiele regs wanneer jy links draai om sy draaisirkel tot ’n skamele 3,7 meter te beperk. Voeg daarby sy maklike hantering met behulp van een kragstuurwiel en een beheerarm en dis duidelik waarom niks anders naby Manitou se stof kom met materiaalhantering nie.
En so van stof gepraat – ’n voermeule is maar altyd ’n stowwerige plek, maar Manitou se doeltreffende filters hou sy innerlike suiwerskoon en boonop is hy so ontwerp dat sy waaier se lug boontoe blaas en dus nie stof van die vloer af opdwarrel nie.
Verder beskerm die gerieflike kajuit die operateur teen stof, uiterste temperature en uitputting, want Manitou hanteer maklik. As jy met jou baba se boublokkies kan speel, kan jy met ’n Manitou werk.
Soveel vertroue het Karan Beef se mense in Manitou dat hulle geen reserwemasjiene aanhou nie. Hulle weet Manitou sal hulle nie in die steek laat en die beeste laat hongerly nie.
Manitou se onwrikbare betroubaarheid word boonop rotsvas gerugsteun deur ’n wakker span kundiges wat net die beste opleiding en naverkoopdiens verskaf.
Die enkele keer toe ’n Manitou se inspuiterpomp effens aan’t hik gegaan het, het Manitou se manne hom woerts-warts kom regmaak voordat dat ’n enkele bees ’n enkele bekvol voer ontbeer het.
Manitou is die masjien vir die toekoms, sê Charles Brown en Karan Beef se 100 000 beeste stem volmondig saam.
Daar is ’n Manitou-model presies reg vir jou besondere behoeftes. Bel Johan van der Westhuizen by 082-490-5665 of 011-975-7770 of besoek www.manitou.co.za. Hy praat jou taal.