Categories: NewsPublished On: 30th August 2011

Malema-voor-stok-om-verkeerde-rede-sê-TLU-SA

By 1 min read
Die kontroversiële Julius Malema, leier van die ANC Jeugliga en Floyd Shivambu, woordvoerder van die liga moet Dinsdag en Woensdag ‘n tugverhoor bywoon nadat die ANC hulle van oortreding van die ANC-grondwet en die saai van verdeeldheid in die party aangekla het.
 
Na bewering het die jeugleier onlangs gesê die ANC Jeugliga ‘n span na Botswana sal stuur om opposisiepartye te konsolideer en te help om ‘n bewindverandering in dié land teweeg te bring aangesien hulle regering "in samewerking met imperialiste is" en die "Afrika-agenda" ondermyn.
 
TLU SA se president, mnr. Ben Marais het in reaksie op die tugverhoor gesê dat Malema se aanklagtes uitgebrei moet word aangesien sy uitlatings oor ‘n regeringsverandering in Botswana waarskynlik die minste van sy uitsprake (wat skade berokken) is en dat dit die land nie benadeel het nie.
 
“Sy uitsprake oor nasionalisering van myne, en onteiening van landbougrond sonder vergoeding, het die land se ekonomie reeds onberekenbare skade aangedoen en beleggersvertroue byna onherstelbaar geskaad” het mnr Marais gesê.
 
Gevolglik het TLU SA ‘n ernstige beroep op die ANC gedoen om die dissiplinêre verhoor uit te brei om ook sy opmerkings oor onteiening van landbougrond sonder vergoeding en sy nasionaliseringspraatjies.in te sluit.
 
Ondertussen het geweld buite Luthulihuis in Johannesburg uitgebreek toe ANC Jeugliga-ondersteuners die polisie en die media met bottels en klippe begin bestook.het.
 
Die tugvehoor sal oor twee dae plaasvind terwyl president Zuma in die buiteland is.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0