Categories: NewsPublished On: 21st June 2011

Malema se toespraak het baie die josie in

By 1 min read
253 words

Die ANC het nou vir hom ‘n wilde perd opgesaal het ds Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party gesê na Malema se herverkiesing as leier van dié party se jeugliga, en sy twee uur lange tirade ten gunste van nasionalisering en grondgryp.

TLU SA het in ‘n verklaring gesê dat hy met kommer kennis geneem het van die feit dat die ANC Jeugleier onmiddellik na sy herverkiesing weer eens klimaat begin skep het vir grondbesettings, en dat dit kan lei tot verdere aanvalle op boere.

TLU SA se president, mnr Ben Marais het Julius Malema se uitlatings as “gek” bestempel.

"Hy stuur die boodskap uit dat Suid-Afrika dieselfde pad loop as Zimbabwe en dat grondeienaarskap nie bestaan nie. Dit is die soort praatjies wat werkskepping op plase en myne doodmaak" het mnr Marais ge.

Volgens AfriForum is dit duidelik dat die gebrek aan leierskap in die ANC ʼn vakuum geskep het wat vrye teuels aan Malema gee om homself as nuwe gesig van die ANC te vestig.

 

Die swakheid wat ANC-leiers uitstraal deur hulle huiwering om teen Malema op te tree dra daartoe by dat hy ʼn valse gevoel van onaantasbaarheid ontwikkel het, het mnr Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum gesê. “Burgerlike organisasies soos AfriForum sal nou met verskerpte optrede hom moet wys dat hy nie onaantasbaar is nie en dat sy uittartende uitsprake en idees uiteindelik die knie voor billikheid en geregtigheid sal moet buig.” 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0