Categories: NewsPublished On: 17th October 2011

Malema-se-aansoek-na-Konstitusionele-hof-word-teengestaan

By 1 min read
221 words
AfriForum gaan die ANC Jeugliga president, Julius Malema se Konstitusionele Hof appèl teen sy skuldigbevinding aan haatspraak teenstaan.
 
Malema en die ANC het die Konstitusionele Hof gevra om ‘n dringende besluit oor die status van die haat-liedjie "Dubula Ibhunu" te maak aangesien ANC-ondersteuners skynbaar van plan is om die liedjie in Januarie volgende jaar tydens die ANC se 100-jarige feesvieringe te sing.
 
Die Gelykheidshof het verlede maand by monde van Regter Colin Lamont uitspraak gelewer waartydens die woorde as haatspraak verklaar is.
 
Hofstukke ter ondersteuning van AfriForum se opposisie teen Malema se aansoek om direkte verlof na die Grondwethof, is Vrydag by die hof ingedien en by die prokureurs van Malema, die ANC en TLU-SA afgelewer.
 
Verlede week het ‘n ANC-jeugliga lid, Tokelo Nhlapo ‘n effens ander weergawe van die liedjie op die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand gesing. 
 
Nhlapo het nie “skiet die boere” gesing nie maar “skiet die witmense”.
 
AfriForum sal hierdie week besluit oor watter aksie hulle teen Nhlapo gaan neem.
 
Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger het in sy reaksie gesê die ANC se besluit om haatliedjies uit die struggle-era goed te praat en te verdedig, het ’n kultuur van haat geskep wat gestop moet word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0