Malema-hoor-vandag-oor-haatspraak
Die uitspraak in die AfriForum haatspraakverhoor van Julius Malema oor die haatliedjie Dhubula iBhunu (“Skiet die Boer”) word vandag gelewer. Die saak is deur Afriforum en TLU SA aanhangig gemaak.
Die uitspraak kom ná ’n twee weke lange verhoor wat die nasionale aandag in April en Mei vanjaar aangegryp het. Die verhoor was een van die mees omstrede hofsake van ’n politikus in die onlangse verlede, met regskostes wat miljoene rand beloop het.
‘n Opname wat in daardie tyd deur TLU SA gedoen is, het oorweldigend bewys dat die gemeenskap glo daar is ‘n regstreekse verband tussen die aanhoudende gesing van die opruiende liedjie en aanvalle op boere.
Die uitspraak van Regter Colin Lamont sal vanoggend regstreeks op Radio Pretoria uitgesaai word.