Categories: NewsPublished On: 12th July 2010

Macdon-en-Vitamech-neem-die-voortou:-Stroop-bone-in-een-ekonomiese-stap-met-MacDon

By 2 min read

Hoera! Verby is die dae toe spanne wer­kers moeisaam in die bloedige son moes sweet om bone met die hand uit te trek en in windrye te pak vir ’n stroper met ’n opteller om dit te kom stroop.

Die voorslag landbouwerktuigmaatskappy, Vitamech, haal al die gesukkel uit bone­stroop met sy MacDon FD 70 stropertafel, wat met sy C-vormige snystaaf bone tot 25 mm diep onder die grond kan afsny.

Gewone tafels met hulle L-stawe sny materiaal 80 tot 100 mm bo grondvlak, wat beteken dat hulle heeltemal ongeskik is vir die stroop van bone, wat hulle peule so laag as 5 mm bo die grond kan dra.

Om verder te verseker dat elke boontjiepit herwin word, het MacDon, benewens starre tafels, ook buigsame tafels wat op die punte tot 250 mm op of af kan be­weeg om te verseker dat die grondkontoer getrou gevolg word en geen bone verlore gaan nie.

Maar dit is nie al nie. In ’n gewone stropertafel dwing ’n voerwurm die materiaal met geweld na die stroper se bek. Geen fatsoenlike boontjie is gediend met sulke ruwe behandeling nie. Sy peul spring summier oop en woerts, daar beland tot 30% van jou suurverdiende oes op die grond!

Maar nie met die MacDon FD 70-stropertafel nie, want anders as gewone tafels met hulle voerwurms, begelei hy materiaal sagkens en galant na die stroperbek op ’n gerieflike vervoerband sodat elke pit herwin word.

Wat meer is, die gewone stropertafel se voerwurm verg hope ekstra energie en kanne ekstra diesel vir sy proses om die stomme materiaal so ru te gryp en rond te pluk en op te wen en na die stroperbek te boelie.

Daarteenoor is die MacDon met sy taktvolle materiaalhantering aansienlik meer brandstofdoeltreffend.

Dis hoekom al hoe meer stroopkontrakteurs en graanboere na MacDon oorskakel, ook om gewasse soos ko­ring, sonneblom en kanola te stroop: Vollediger graanherwinning, laer dieselverbruik en ’n kapasiteit van 25 tot 30% hoër as die ou wurmvoertafels, wat beteken dat Die FD 70 die tafel is wat jou in staat stel om werklik die groter vermoëns van mo­derne stropers te benut.

Boonop pas die FD 70 met ’n passtuk maklik op enige ordentlike stroper en is sy grondvolgmeganisme op ongelyke lande sonder gelyke.

MacDon FD 70-stropertafels is in wydtes van 9,15 tot 13,72 meter beskikbaar.

Vitamech se 40 werktuighandelaars en 160 onderdelehandelaars is goed oor die land versprei om te sorg dat elke boer diens en onderdele op sy drumpel kry, ook vir Vitamech se Stara-tapkarre wat ook kunsmis kan hanteer, laaigrawe en mis-, kalk-, en kunsmisstrooiers, Brillion-spesialisfynsaadplanters en Binger-voorsnoeiwingerdsnyers.

Skakel Marius Tolmay by 083-581-5709 of by 021-907-8000 vir meer inligting of e-pos marius@vitamech.co.za om te hoor waar jou naaste Vitemech-handelaar is.
 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment