Categories: NewsPublished On: 7th September 2011

Maatskappy-sommer-“stukke-beter”-sê-Clover

By 2 min read
313 words

Die suiwelreus, Clover, het begin met ‘n proses om sy embleem, handelsmerke en verpakking te verander in ooreenstemming met die tema: “Way Better.” Clover, wat verlede jaar op die aandelebeurs genoteer het, glo dat sy status as openbare maatskappy sy sakeprofiel aansienlik verstewig het.

Die maatskappy sê in ‘n verklaring dat die markposisie van sy produkte en handelsmerke verstewig het en dat hy nuwe projekte kon aanpak en sy sakebelange kon uitbrei.

Clover was een van Suid-Afrika se oudste koöperasies wat in 1898 op Mooirivier in Kwazulu-Natal gestig is.

Mnr Chris Lerm, Clover se uitvoerende direkteur in beheer van handelsmerke en bemarking sê die notering het dit vir die maatskappy moontlik gemaak om die kontantvloeiprobleme waaronder landboumaatskappye dikwels gebuk gaan, uit te skakel en om infrastruktuur te konsolideer.  

Hy sê die notering was die voorloper van Clover se “Way Better”-veldtog wat nou regdeur al hulle produkte en handelsmerke gedra sal word.

Borgskap van Aardklop

Mnr Lerm sê deel van die strategie is ook die groep se borgskap van die kunstefees, Aardklop teen R4,5 miljoen per jaar. Die borgskap, wat onlangs aangekondig is, het kritiek van suiwelboere uitgelok wat meen dat hulle eerder beter pryse vir hulle melk behoort te kry. Mnr Lerm sê Clover het sy melkkwota aan boere met 50 miljoen liter vir die 2011 – 2012 geldjaar opgestoot en dit is onder andere moontlik gemaak deur doeltreffende bemarking.

Hy sê: “Melk is ‘n emosionele onderwerp, maar ons weet dat advertensies en bemarking belangrik is vir ons handelsmerk.”

Hy sê die Aardklop-borgskap is nie ‘n sosiale korporatiewe oefening nie, maar ‘n strategiese bemarkingsprojek. Hy het daarop gewys dat meer as die helfte van Clover se inkomste uit die koeldrank-deel van die onderneming verkry word. Die koeldrank sal dan ook eksklusief op Aardklop verkoop word.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0