Categories: NewsPublished On: 28th June 2010

Maak voer met Greenfields se masjiene: Jou diere sal dankbaar wees

By 3 min read

Voortreflike voer is die hoeksteen van veeproduksie en dis net hier waar Greenfields Agricultural Holdings die boer bystaan om vir sy diere die beste voer teen die gunstigste koste te produseer.

Greenfields verstaan die boer se behoeftes en bied hom ’n drievuis-oplossing vir voerproduksie.

McHale-balers

McHale se uitmuntende reeks balers is die eerste stap tot sukses. Hierdie balers werk vinnig, maklik en betroubaar om materiaal netjies en volledig op te tel, stewig en ferm te baal en om die boer nooit in die steek te laat nie.

McHale is ’n internasionale leier op die gebied van vastekamerbalers met of sonder kerwers, veranderlikekamerbalers, sleep- en driepuntbaaltoedraaiers en baalhanteringstoerusting.

Hierdie werktuie sorg vir hoër lewering, meer kostedoeltreffende baalwerk en ’n hoër gehalte voer.

Chris Vickers, ’n boer en baalkontrakteur van Mooirivier, is ingenome met sy McHale F550-vastekamerbaler wat nou reeds meer as 8 000 perfekte bale gemaak het sonder die geringste probleme of tydverlies.

Chris baal enigiets, van oulandsgras en mieliereste tot koekoejoe en lusern vir hooi en kuilvoer. Die McHale se prys is mededingend, sê hy, dis maklik om mee te werk, betroubaar en die diens wat jy van Greenfields kry, spreek van begrip, kundigheid en verantwoordelikheidsin.

Siloking-voermengers

Voermeng is net so ’n belangrike taak as voermaak. Die aakligste ervaring vir ’n boer is ’n horde honger diere wat vir hom kyk terwyl hy met ’n flenter-voermenger sukkel. Daarom maak verantwoordelike boere die slim keuse: die betroubare en akkurate Silokingvoermenger, rotsvas gerugsteun deur Greenfields.

Siloking is in verskillende modelle beskikbaar; vanaf die ligte Smart van 3 tot 5 m3 tot die reusagtige Duo van 12 tot 40 m3, met sy twee of drie turbo-awegare wat met elke vrag vir 50 tot 250 koeie ’n perfek gemengde rantsoen kan opdis.

Daar is ook ’n ratse selfloopmodel wat 10 tot 30 m3 hou en 60 tot 220 koeie per vrag kan voer.

Al Siloking se modelle voldoen aan die hoogste standaarde van gehalte en doeltreffendheid om immerdeur gladde en veilige werkverrigting te verseker.

Die turbo-awegare en voerbak pas perfek by mekaar om die beste vermenging en lewering te bied en die robuuste ratkaste verseker ’n lang, probleemvrye leeftyd. Die wringbestande onderstel verseker akkurate afweging van voerbestanddele, die spesiale messe verseker uitstekende vermenging en dis maklik en lekker om met enige Siloking-model te werk.

Foton-trekkers

Die beste baler, kerwer of ander werktuig beteken nie veel sonder ’n betroubare en bekostigbare kragbron om dit aan te dryf nie. Ook hier staan Greenfields reg met die perfekte antwoord: die gewilde Foton-trekker wat vriend en vyand telkens verras met sy bekostigbaarheid, betroubaarheid en puik werkverrigting.

Foton-trekkers het hulleself reeds deeglik bewys in die VSA, Asië, Europa, Kanada en Australië, en na uitmergelende duursaamheidstoetse in Suid-Afrika is hulle besig om ook hier vinnig veld te wen.

Foton-trekkers van 18,3 tot 136 kW is beskikbaar en Greenfields se 31 wakker handelaars regoor die land is toegerus en toegewyd om boere net die beste diens te bied.

Jy kan ook vooruit boer met Greenfields. Praat met Glen Clark by 082-804-8045 of Derek Nicolle by 083-798-0056 of gclark@greenagri.co.zaom te hoor wie die handelaar naaste aan jou is. Besoek ook www.siloking.com, www.mchale.net en www.fotontractors.co.za vir meer inligting.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0