Categories: NewsPublished On: 6th July 2010

Maak staat op ’n Rhino spilpunt

By 3 min read

’n Eenvoudige ding werk altyd beter. So glo Martiens Prins­loo, die op en wakker boer van Loomar Boerdery net buite Hoopstad. Dis hoekom hy Rhino-spilpunte verkies.

Rhino is eenvoudig en logies ontwerp en vervaardig, maar met al die nuutste tegnologie, om die beste diens met die minste suk­kel oor die langste tydperk te lewer, sê hy. ’n Rhino-spil­punt is vir die boer ’n lonen­de bate, nie ’n bykomende kopseer nie.

Martiens is ook as mentor en tiende lid betrokke by ’n bemagtigingsboerdery, Tikwe Farming, wat koring en mielies produseer op grond wat hulle van Hoopstad se munisipaliteit huur en graag later wil koop.

Toe Tikwe besluit om twee spilpunte van sestig hektaar elk op te rig, het Martiens Rhino aanbeveel want hy ken en vertrou dié spilpunt, maar hy het geen sê in die besluit gehad nie – die LNR sou al die kwotasies oorweeg.

“Ek was baie tevrede en opgewonde en dankbaar toe die LNR die regte besluit geneem het. “Dit beteken dat ek min­der sal sukkel en lekkerder sal werk en dat Tikwe Farming se besproeiing ’n doeltreffende, lewensvatbare opsie is.”

En loop kyk maar: Rhino se manne het die spilpunte netjies en stewig in bedryf kom stel: vanaf die beplanning en oprigting van pomp­huise en toevoerpype tot die vasdraai van die laaste sproeier. Al wat die boer hoef te doen, is om die knoppie te druk en die kraan oop te draai.

Vandag staan die koring geil  en egalig onder Tikwe se een spilpunt en die stewige mielietjies onder die ander een toon belofte van ’n lonende oes.

Eienskappe van die Rhino wat Martiens besonder beïndruk is:

Die struktuur is stewiger en sterker omdat sy pype net 6,4 meter lank is. Dit beteken ook, as jy dalk op een of ander manier daarin kan slaag om ’n pyp seer te maak, dat jy ’n korter, goedkoper pyp het om te vervang.

Die korter pyp kan jy ook met jou bakkie aanry – jy het nie nodig om ’n lang vragmotor se stuur soos vir ander spilpunte se lang pype nie.

Die Rhino se torings se voete staan wyd uitmekaar om stabiliteit in die winderigste toestande te verseker.

Rhino-onderdele is maklik en gou bekombaar en verrassend bekostigbaar – in sommige gevalle tot die helfte goedkoper as presies dieselfde onderdele of kabels by ander verskaffers!

Eienaars van ander soorte spilpunte kan gerus ook maar by Rhino navraag doen oor onderdele, is Martiens se raad. Daar wag ’n aangename verrassing op hulle.

Rhino se mense het begrip vir die boerdery en hulle diens is onverbeterlik. Martiens vertel:

“Een Vrydagmore het ek ’n pompmotor verloor. As ek tot Maandag vir ’n nuwe motor moes wag, sou my oes benadeel gewees het omdat ek nie sou kon besproei nie. Ek het Rhino gebel en Wolf Krüger het die nuwe motor die volgende more (Sater­dag) elfuur geïnstalleer en aan die loop gehad.

“Dit is diens waarop die boer kan reken.”

Hierdie diens spruit uit Rhino se beleid dat hulle nie blote pype en pompe en stange en sproeiers aan die boer verskaf nie, maar ’n voorspelbare, gesonde, lonende oes deur middel van doeltreffende, betroubare besproeiing.

Jy kan ook voorspelbaar vooruit boer met jou eie Rhino-spilpunt. Praat met Koos du Plooy by 083-441-9576, of ons beplanners, Christo Taljaard 082-315-3211, of Wolf Krüger 082-771-3469, of met een van ons agente:

  • Vrystaat: Jannie Taljaard 082-415-3440
  • Oos-Kaap: André Swane­poel 082-378-9874 Piketberg/Namibië 022-913-2333
  • Natal: Vryheid Besproeiing 082-929-3188
  • Limpopo: NTK Lammie 082-800-1880
  • Loskopvallei: NTK Janneman 082-802-8959
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0