Categories: NuusPublished On: 11th July 2024

Maak reg vir Lamb Champs 2024!

By 1 min read

448021527_531171302566598_7185158474027871942_n

Die pad van plaas tot bord is gevul met harde werk, toewyding en trots. Agter elke sappige tjoppie wat jy geniet, is daar ’n storie van ’n gesin wat sorgvuldig hulle veekuddes grootmaak – met generasies se kennis en passie vir boerdery.

Saai nooi jou uit na die jaarlikse Lamb Champs-kompetisie op 20 Julie 2024 by die Pretoria Botaniese Tuin. Hierdie dag beloof om vol lekker kos, gemeenskapsgees en die viering van Suid-Afrika se beste lamsvleisprodusente te wees.

Kom beleef self die kulinêre wonderwerke van 100 boere van oor die land heen: Van Dormer tot Merino, Meatmaster tot Damara – die kompetisie sal die beste rasse en vleis insluit. Die topdrie boere wie se lamsvleis die lekkerste smaak, ontvang elkeen ’n gedeelte van R135 000. Die dag hou ook ander opwindende kompetisies en pryse vir deelnemers in.

Hoogtepunte van die dag:

* Beleef hoe 100 skaap- en 50 bokboere om die titel van die beste lams- en bokvleis meeding.

* Optredes van kunstenaars soos Jan Jan Jan, Jay, Appel, Adam Tas en Eloff.

* Proe die beste lamsvleisgeregte en geniet rugby op die grootskerm.

Kom kuier saam en sien hoe ons boere trots Suid-Afrika se beste lamsvleisproduksie tentoonstel.

Besoek https://lambchamps.co.za/ vir meer inligting.

Bron: SAAI

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0