Categories: NewsPublished On: 31st May 2010

Maak maklik mooi bale met McHale

By 3 min read

McHMaak-maklik-mooi-bale-met-McHale/p>

McHale se F5-vastekamerbalers is die toonbeeld van doeltreffende eenvoud en dis maklik om met hulle te werk. Daar is twee modelle: die F550 en die meer gevorderde F560.

Albei modelle se onderhoudstake word tot die minimum beperk met slim planne soos outomatiese ghries- en olietoediening op die laers en kettings. Die baler se vloer kan laat sak word om blitsig van verstoppings ontslae te raak en die balers is taai en stewig genoeg om baie jare lank getrou te werk, al is die materiaal hoe weerbarstig en die grondtoestande hoe moeilik.

Hierdie betroubaarheid is nie toeval nie – McHale word gemaak om te werk. Kyk net:

Die verdeelratkas se een as dryf die baalkamer se rollers aan en die ander as die opteller en kerwer sodat die kortpad-kragoordrag immerdeur optimale kragbenutting verseker.

Die gevalvaniseerde opteller is twee meter wyd en tel selfs die kortste materiaal skoon op. Sy-awegare voer die materiaal onverbiddelik na die kerwer.

Binne-in die spiraalrotor voer pare draaiende tande die materiaal egalig deur die kerwer. Die tande is in ’n  spiraal gerangskik om ’n  egalige toevoer te verseker, wat natuurlik die mees ekonomiese kragbenutting en langste balerlewe bewerkstellig. Dit werk ook sagkens met jou trekker se kragaftakker.

Die baler se kerfmesse word vanuit die trekkerkajuit in- of uitgeskakel. Die messe skop hidroulies terug as hulle vreemde voorwerpe teëkom. Hulle is van temperstaal gemaak en bly lank skerp sodat jy die minimum tyd aan slyp hoef te spandeer.

Die baalkamer het agttien stewige rollers op groot rollaers met selfskoonmaakseëls wat sorg dat die laers se ghries en die materiaal elkeen altyd op sy eie plek bly.

Die baler rol elke baal vanself stewig in sy eie net toe en jy kan kies teen watter spanning jy die net wil aanbring. Jy kan ook stel hoe styf jy jou bale wil maak. ’n Meter voor aan die baler wys die drukking in die baalkamer en waarsku die operateur as die baal in die baal-kamer byna voltooi is.

Wanneer die baal gereed en in sy net toegedraai is, skop ’n  baalskopper hom netjies weg van die masjien af.

Die F550 se beheerkassie in die kajuit beheer die outomatiese en handbeheerde netsiklusse, die smeringsalarm, die valvloer-aktivering, die baalteller en mes-aktivering.

Die F560 het ’n  servobeheerde vragvoelbeheerklep wat die baalproses ten volle outomatiseer.

Sodra die baal gevorm word, draai hy self die net om, die agterklap gaan vanself oop, die baal word uitgeskop en die agterklap maak toe sodat die volgende baal gevorm kan word. As jy op skuins grond baal, kan jy die baal terughou en dit met die druk van ’n  knoppie in die kajuit laat uitskop sodat dit nie dalk op ’n  plek val waar dit kan wegrol nie.

Die F560 het 23 messe teenoor die F550 se 15 en ’n  teoretiese kerflengte van 50 mm teenoor die F550 se 65. Hulle albei maak bale van 1,25 m in deursnit en 1,23 m wyd en altwee vra net 60 kW trekkerkrag.

Moenie langer met minderwaardige masjiene sukkel nie. Vir die beste bale sonder swets of sukkel, is McHale jou antwoord. Boonop word McHale in Suid-Afrika verskaf en gerugsteun word deur Greenfields Agricultural Holdings, wat al die onderdele, diens en begrip verskaf wat die boer nodig het.

Praat met Stephan Burns by 072-600-5057 of 033-263-1305,
of e-pos sburns@greenagri.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment