Categories: NewsPublished On: 1st September 2011

Maak-kuilvoer-teen-die-flinkste-spoed-met-die-minste-sukkel-met-Staalmeester-se-JF-C-120-kerwer

By 1 min read
Kuilvoertyd gebeur dinge op ’n drafstap op enige plaas. Daar is nie tyd om te verspil nie, want kuilvoermielies en -sorghum bied jou ’n baie beperkte tyd wanneer die voggehalte presies reg is vir eersteklas kuilvoer.
 
In hierdie tydvenster moet jy sny, kerf, uitry en vastrap dat dit klap, anders kyk jou diere jou ’n hele jaar lank met beskuldigende oe aan.
 
Op Bergfontein, die plaas van Raymond en Mary Anne Noppe, tussen Heidelberg en Vereeniging, geld hierdie beginsel ook. As dit boonop so lekker reen dat ’n mens nie in die land kan kom om kuilvoer te sny nie en die tyd gaan verby, kan ’n boer en sy beeste regtig bekommerd raak.
 
Gelukkig is Raymond ’n man wat vooruit kan dink en fyn kan beplan om die venstertyd wat die natuur hom bied ten beste te benut. Daarvoor maak hy op die beste, flinkste, betroubaarste tegnologie staat om sy kuilvoer te sny en uit te ry – Staalmeester.
 
Vir kuilvoerkerf gebruik Raymond die beste kuilvoerkerwer ooit: Staalmeester se JF C 120 met sy 20% groter leweringsvermoe danksy sy anti-gly dryfband, sy slim aandrywingstelsel en sy robuuste rotor wat met 12, 6, 4 of 3 lemme kan werk. Sy sterk struktuur sorg dat hy jare en jare hou en jy kan tussen 24 snitlengtes van 2 tot 41 mm kies.
 
Boonop kan jy in ’n japtrap ’n tweeryplukkerkop of ’n grasopteller monteer.
 
Maar dit help niks jy kerf keurige kuilvoer en stuit dan teen die uitryery nie.
Ook daarvoor het Staalmeester ’’n uitmuntende dubbeldoeloplossing: Die gedugte Orion 130TH PRO-sleepwa/misstrooier.
 
Praat vandag nog met Eduan Booysen van Staalmeester by 082-883-6484 oor die voortreflike JF C 120-kuilvoerkerwer.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment