Categories: NewsPublished On: 1st December 2010

Maak-die-beste-stroper-beter:-Valtrac-se-DBF-stroop-elke-liewe-pit

By 3 min read
622 words

“Dis blêrrie fantasties!” Sé sê boere wat Valtrac se DBF Energy-plukkerkoppe en stropertafels vir koring, sojabone en sonneblom in aksie sien. En ook geen wonder nie, want hierdie tafels en plukkerkoppe bevat die beste, gespesialiseerde ontwerp- en vervaardigingskundigheid om selfs die beste stroper nog beter te maak.

Hulle pas aan enige stroper en is selfs in verskillende kleure beskikbaar sodat jy nie jou land met ‘n bontspul hoef aan te durf nie.

Valtrac is die gewilde verskaffer van puik landboutegnologie met die wenresep om boere se werklike behoeftes te bepaal, regoor die wêreld die beste tegnologie te soek om daardie behoeftes presies te vervul, en ‘n deeglike naverkoopdiens te lewer.

Na die boer se harde werk en hoë koste om gewasse volwasse te kry, kry hy net geld vir elke pit wat hy lewer – nie vir daardie pitte wat tydens die stroopproses verlore gaan nie.

Mark Hanna, ‘n landbou-ingenieur van die Iowa State University, sê 85 tot 90% van die stroopverliese aan soja kom by die stropertafel voor. Van daardie verliese kom waarskynlik so 80% by die snyerstaaf voor.

Dis hoekom ‘n mens die beste moontlike, mees akkurate snyertafel vir soja moet gebruik en dis hoekom Valtrac gesoek het totdat hy die DBF Energy-tafel in Italië gevind het. DBF Energy spesialiseer immers sedert 1972 in stropertafels en -plukkerkoppe, waarmee hulle tevrede boere regoor die wêreld help om die oes in die sak en geld in die beurs te plaas.

Boere is ingenome met DBF Energy se logiese ontwerp, stewige struktuur, maklike bediening en veral hulle doeltreffendheid en betroubaarheid.

DBF Energy se buigsame TS 90-soja- en graantafel is so ‘n toonbeeld van bruikbare tegnologie vir die boer. Soos sojaboere weet, is dit belangrik om soja op presies die regte tyd te stroop om monsterbederf of oopspringverlies uit te skakel. Daar’s nie tyd vir sukkel as jy soja moet stroop nie.

Boonop dra soja in swaar jare laag en as jou snyertafel nie daardie onderste peule bykom nie, gaan jou wins verlore.

Dis hoekom die wyse boer net die beste, doeltreffendste snyertafel kies – Valtrac se DBF Energy-tafel met sy snytol met ‘n deursnit van 1,070 m met ses tandstawe, wat hidroulies vanuit die trekker beheer word om teen enigiets van 10 tot 65 opm te werk.

Die tandstawe is ontwerp om nie te verstop nie en die tandvere se hoek kan verstel word om enige toestand perfek te pas.

Die hoofvoerder met sy terugtrekvingers word met ‘n koppelaar beskerm en sy sleë het ‘n hoëdigtheid poli-etileenlaag om ‘n lang lewe te verseker. Die tafel word met ‘n ekstra snylem verskaf sodat jy altyd ‘n skerp lem het om mee te werk.

Die TS 90 is in werkwydtes van 4,8 tot 9 meter beskikbaar.

Praat gerus ook met Hennie du Toit van Valtrac oor die res van die DBF Energy-reeks vaste en voubare plukkerkoppe, snyertafels en optellers vir mielies, kleingraan, sonneblom en kanola. Vra hom sommer ook oor die sonneblom-aanhegsel met snyskywe of lemme, wat jou in staat stel om klein sonneblomlande met jou mielieplukkerkop te stroop.

DBF Energy se voubare plukkerkoppe maak sleepwaens onnodig en word maklik vanuit die stroperkajuit oop- of toegevou. Dis so ontwerp dat die operateur ‘n goeie uitsig het wanneer hy die pad aandurf en dit het genoeg ligte en rigtingaanwysers om veiligheid te verseker.

As jy vir wins wil stroop sonder sukkel, praat vandag nog met Hennie du Toit by 082-880-3412 of henniedut@valtrac.co.za vir jou eie DBF-tafel of -plukkerkop. Ons weet nie waarvoor DBF in Italië staan nie, maar hier by ons beteken dit beslis “Dis blêrrie fantasties!”.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0