Categories: NewsPublished On: 15th June 2011

Los-die-bouery-en-betaal-vir-kos

By 1 min read
225 words

Die regering sal genoeg geld hê om ramphulp aan die boere wat in Desember vloedskade gekry het, te verleen as hulle hulle planne laat vaar om ‘n nuwe parlementsgebou teen R1,4 miljard op te rig, sê TLU SA. Mnr Henk van de Graaf, assistant hoofbestuurder: Kommunikasie het in ‘n voorlegging aan die Vloedrampkomitee gesê die vloede was ‘n nasionale ramp.

Hy sê boere begin nou eers om weer op te staan en daar behoort geen ruimte te wees vir diskriminasie teen kommersiële boere op politieke gronde nie. Hy sê verwysings na die herverspreiding van rykdom behoort nie nou uit die minister se kantoor te kom nie. TLU SA maak ten sterkste beswaar teen die feit dat bestaansboere tot 90% subsidie gaan ontvang en kommersiële boere net tussen 40 en 60%.  

Die organisasie meen dat behoorlike vloedhulp aan boere gegee behoort te word, sodat hulle nie werkers hoef af te betaal nie en ter wille van volhoubare voedselvoorsiening.

Mnr Van de Graaf wil weet of die boere dan ook net 60% van hulle werkers se skade moet herstel of dalk net 60% van hulle werkers moet behou.

“Sakebedrywighede in die hele omgewing sal skade ly indien kommersiële boere nie vinnig weer begin produseer nie, want landbou speel ‘n kernrol in die plattelandse ekonomie.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0