LNR-steun-Bill-Gates
Die Landbounavorsingsraad (LNR) het die Amerikaanse biljoenêr, Bill Gates se opmerkings aangaande navorsing in die landbou verwelkom. Volgens mnr Gates is dit kortsigtig om nie genoegsame geld te bewillig vir navorsing in landbou nie.
Mnr Gates het in sy jaarlikse nuusbrief weer eens beklemtoon dat voedsel ‘n sentrale rol in menslike welstand en stabiliteit van ‘n land speel. Mnr Gates is bekend vir sy welsynswerk en het ook ‘n groot hoeveelheid van sy geld vir welsynswerk bewillig.
Die LNR het mnr Gates se uitsprake verwelkom en gesê hulle spits hulle daarop toe om voedselsekuriteit te bewerkstellig. Die organisasie sê verder dat die LNR al vir 20 jaar landbou help om kompeterend te wees om daardeur voedselsekuriteit op ‘n nasionale vlak moontlik te maak. Hulle is van mening dat die LNR daardeur ‘n massiewe bydra tot die maatskaplik en ekonomiese welstand van die land lewer.
Volgens dr Shadrack Moephuli van die LNR is navorsing in landbou noodsaaklik en sal meer befondsing bydra tot die ekonomie, voedselsekuriteit, voeding en Suid-Afrika se mededingendheid op die internasionale mark.
Bron: News24