Categories: NewsPublished On: 11th May 2011

Leer boer op die PUK

By 1 min read
Die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus ondersoek die moontlikheid om landboukunde as ‘n skool binne die fakuliteit Natuurwetenskappe te vestig. Dit volg nadat die universiteit onder die indruk gekom het van die groot behoefte aan bekwame landboukundiges in dié provinsie.
 
Prof Herman van Schalkwyk, rektor van die NWU-Puk sê die dae dat universiteite as ivoortorings gesien word, is verby. Universiteite moet ‘n toepaslike diens lewer deur die gemeenskap se welvaart te verhoog en mense se lewensgehalte te verbeter. 
 
Volgens prof Van Schalkwyk is die universiteit in gesprek met beide die regering en die Potchefstroom Landboukollege. “Ons wil maniere vind om beter  met die landboukollege saam te werk aangesien dit die versterking van ons wedersydse programme tot gevolg sal hê”, het hy gesê. “Maar, tans is dit nog net gesprekke”. 
 
Sou die plan realiseer, sal die Pukkampus se Skool vir Landboukunde op gewas- en besproeiingskunde konsentreer. Die universiteit se Mafikengkampus beskik reeds oor ‘n Fakulteit Landbou, Wetenskap en Tegnologie. Hulle Skool vir Landbouwetenskappe plaas grotendeels die klem op veekunde. 
Die uiteindelike besluit berus by die provinsiale departement van landbou het prof Van Schalkwyk gesê.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment