Categories: NewsPublished On: 12th July 2010

Landini-Globalfarm:-Die-reguit,-eerlike-trekker,-pasgemaak-vir-die-SA-boer

By 4 min read

Uitdagings en pro­bleme het ’n aartappelboer genoeg, sê oom Hennieboy Visser van die plaas Brandenburg naby Graafwater in die Sandveld. Dis vroeë en laat roes, bladmyners, kos­testygings van diesel, kunsmis, gif, moere, arbeid en elektrisi­teit vir besproeiing, en selfs die wind wat jou sandgrond wegwaai as jy nie keer nie.

Met dit alles het die boer nie nog tyd om met trekkers te sukkel nie en daarom het oom Hennieboy besluit om net die beste te koop: Landini.

Hy het reeds in die tagtigerjare ’n paar Landinis gehad en hulle was gawe, taai, dapper trekkers wat hulle man kon staan.

Dit is g’n wonder dat oom Hennieboy en sy seun en vennoot, Henno, ingenome is met hulle vier Landini Globalfarm-trekkers nie. Dié trekker is immers ontwikkel op grond van navorsing oor die vereistes wat die Suid-Afrikaanse boer vir ’n trekker stel, daarom is dit ons eie  nommerpas trekker:

Sy beproefde Perkins-enjin brand skoon, voldoen aan die jongste omgewingstan­daarde en werk suinig met die duur diesel. Die Globalfarm gebruik net 55 liter diesel per dag teen­oor ’n ewe groot ander soort trekker se 78 liter vir dieselfde werk, is Henno se ondervin­ding.

Sy lugfiltreerstelsel is vir Suid-Afrikaanse toestande ontwerp en sorg vir ’n langer enjinlewe.

Hy het ’n beproefde, betroubare basiese twaalfspoedratkas en vierwielvastrap.

Hy bestuur maklik en lekker en raas nie so luidrugtig soos sommige grootbektrekkers die gewoonte het om te doen nie.

Hy het alles wat jy van ’n trekker vra: ’n Fris, meganies beheerde hysstelsel, ’n tweespoed­kragaftakker, genoeg hidrouliese punte, ’n opslaanenjinkap vir maklike versiening… en dan is hy nog mooi ook!

Alles aan die Globalfarm is eenvoudig, logies, robuust, eerlik, funksioneel en sonder fênsie tierlantyntjies wat jou dikwels onnodige staantyd kos, sê oom Hennieboy.

Brandenburg het vier Globalfarm 95’s van 68 kW en 380 Nm wringkrag, maar die Globalfarm 105 is ook beskikbaar met 73 kW en 365 Nm wringkrag.

Op Brandenburg sleep die Globalfarms (of Bloubulfarms soos oom Hennie hulle laat herdoop het) groot, swaar sleepwaens vol aartappels deur die sand vanuit die lande pakskuur toe. Hulle hanteer die 7,5 ton sleepwaens lag-lag.

Die Globalfarms word ook vir skottelbewer­king van die lande en latere skeurtandbewer­king tussen die aartappelrye gebruik.

Aangesien daar ook heelwat voergewasse op Brandenburg geplant word vir die Dohne-Merinos, die Bonsmaras en om te keer dat die sandlande wegwaai, sny, hark en baal die trekkers ook, maar dié takies is vir die Globalfarms skone ont­spanning.

Puik trekker, puik diens

Maar vir die boer is die finale oorweging diens. Selfs ’n goeie trekker sou maar min beteken as die boer moet spook om onderdele in die hande te kry, as die rekeninge deurmekaar is of as die trekker moet staan omdat die verskaffers nie diens bied nie.

Oom Hennieboy is aangenaam beïndruk met die diens wat hy van De Vlei Diensstasie in Clanwilliam kry. Sakkie Koegelenberg van De Vlei verstaan boerdery en gaan uit sy pad om ’n flink en volledige diens te bied sodat die boer kan boer sonder sukkel. Dis geen wonder dat al hoe meer voorste boere in die streek al hoe meer Landini-trekkers koop nie.

Maar dit is die standaard wat jy moet kan handhaaf as jy hoop om ’n agentskap van ARGO Industrial, die verspreiders van Landini, McCormick, Laverda, Gallignani en Fella in Suid-Afri­ka, te bekom.

Boonop gee ARGO sy agente al die steun wat hulle nodig het om die boer die beste diens te bied, en dit is natuurlik ook maklik om diens te lewer as jy ’n wenproduk, soos Landini, het, sê Sakkie.

ARGO het ewe wakker agentskappe oral in die land en jy kan maar net vir Callie Human by 011-914-1700 skakel om te hoor waar die een naaste aan jou is, en ook sommer om te verneem van Landini se ander modelle, want daar is een vir elke boer se behoefte. Maar as Clanwilliam se omstreke jou wêreld is, kan jy met Sakkie praat by 027-482-2161.

Loer ook in by www.argosa.co.zaof www.landini.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0