Categories: NewsPublished On: 10th February 2012

Landbouskool soek verskalwers

By 2 min read
339 words

Die Landboudal Hoërskool in Jacobsdal in die Vrystaat is dringend op soek na verskalwers om hulle huidige melkkudde van 46 koeie uit te brei. Volgens dr NE Hendrikz, voorsitter van die boerderykomitee, het die skool – een van die min oorblywende landbouskole in die land – meer koeie nodig om sy melkery koste-doeltreffend en volhoubaar te maak. Die Melkprodusente-organisasie rig in sy nuusbrief ‘n pleidooi aan melkprodusente om verskalwers óf te skenk óf teen ʼn verlaagde prys beskikbaar te maak. Skakel dr Hendrikz by 083-262-3186 indien u hiermee kan help.

Jersey-koeie benodig

Die Limpopo departement van landbou is dringend op soek na Jersey-koeie om te koop. Indien enigiemand hiermee kan help, skakel asseblief vir mnr John Elliott by 082-889-3788 of stuur ʼn e-pos aan elliottjh@agric.limpopo.gov.za.

Vraag na huurkoeie

Die MPO ontvang ʼn toenemende aantal navrae van produsente wat belangstel om koeie te huur en ook van produsente wat graag hulle koeie vir verhuring beskikbaar wil stel. Diegene wat hierin belangstel word versoek om met die MPO se Philip Swart in verbinding te tree by 012-843-5672 of philip@mpo.za. Die MPO help graag met oplossings in hierdie verband.

Gerugte oor ingevoerde kaas ongegrond

Die MPO het ʼn klagte van ʼn melkprodusent in die Wes-Kaap ontvang oor gerugte dat aansienlike hoeveelhede laaggeprysde kaas (ongeveer 700 ton) deur ʼn kleinhandelaar ingevoer is. Aangesien gedetailleerde maandelikse invoerstatistiek van 1 November 2011 tot 31 Januarie 2012 (10 dae gelede) nie kaasinvoere van die beweerde hoeveelhede aangetoon het nie, is Agri Inspec versoek om hierdie saak indringend te ondersoek. Die MPO is in kennis gestel dat geen bewyse gevind is om die aantyging te staaf nie. Die MPO beskou sulke inligting in ʼn ernstige lig, aangesien gerugte van laaggeprysde suiwelinvoere dikwels as taktiek gebruik word om produsentepryse te verlaag of dit op ʼn lae vlak te hou. Melkprodusente word versoek om onmiddellik vir me Barbara Bieldt by die MPO-hoofkantoor met sulke inligting te kontak, sodat dit geverifieer kan word. Skakel me Bieldt by 012-843-5600 of 083-235-2629, of stuur ʼn e-pos aan barbara@mpo.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0