Categories: NewsPublished On: 8th February 2012

Landbou-kan-300-000-werksgeleenthede-skep

By 1 min read

Die Suid-Afrikaanse landbousektor kan 300 000 werksgeleenthede binne die volgende vier tot vyf jaar skep.

Volgens mnr Mmatlou Kalaba, ’n navorser verbonde aan die Universiteit van Pretoria se Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, kan landbou 200 000 werkgeleenthede op plase skep en sowat 100 000 in verwante bedrywe.

Dit is egter slegs moontlik indien ‘n bykomende 100 000 hektaar grond beskikbaar gestel word vir die top arbeidsintensiewe en handelsgerigte produkte. Mnr Kalaba meen ook dat Suid-Afrika meer na ander Afrika-lande moet uitvoer en minder klem op die ander vastelande moet plaas.

Volgens mnr Kalaba is faktore wat uitvoere na Afrika-lande meer gunstig maak, die groeiende vraag na verwerkte voedsel in hierdie lande, verstedeliking, stygende inkomste per capita en veranderinge in mense se diëet.

Mnr Kalaba se navorsing is deur me Unati Speirs, direkteur van Landbouverwerking van die departement van Handel en Nywerheid se Nywerheidsontwikkelingsafdeling geprys. Volgens me Speirs is daar beslis ’n geleentheid vir positiewe groei. Volgens haar moet ook gekyk word na beleid om munisipaliteite betrokke te kry om kleinsakeondernemings te koördineer.

Mnr Kalaba se bevindings word egter ook uit verskeie oorde bevraagteken. Probleme sluit in gebrekkige infrakstruktuur vir uitvoere na Afrika-lande, veral paaie en stadige grensposte. Transnasionale misdaad en ander veiligheidskwessies en die swak samewerking tussen verskillende lande op grondvlak is nog probleme.

 

Bron: Beeld

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0