Landbank-in-die-hof
‘n Groep van vyf boere wat eise teen Landbank ingestel het, wag nou in spanning vir die hof om sy besluit te neem. Die beslissing kan verreikende gevolge vir die Landbank inhou.
‘n Menigte eise kan teen die Landbank ingestel word indien die hof ten gunste van die eisers beslis. Die groep eisers beweer dat die Landbank hulle rekeninge onregmarig met bedrae gedebiteer het. Die eisbedrag beloop R7 miljoen en die uitspraak word binne die volgende paar dae verwag.
Die Landbank het erken dat administratiewe gelde verkeerdelik gehef is, maar staan die eise teen. Die hof is ingeroep om uitsluitsel te gee oor of die Landbank gemagtig was om saamgestelde rente te hef en of hy onredelik opgetree het toe rentekoerse eensydig aangepas is.
Die eisers het bewus geword van die fout nadat hulle ’n artikel van ‘n prokureur, mnr Schalk Botha, gelees het. Hulle het hom gevra het om hulle rekeninge na te gaan vir moontlike foutiewe renteberekeninge. Die rekeninge was reeds afgelos.
Volgens die regsverteenwoordigers van die Landbank is dit algemene handelsgebruik om rente te kapitaliseer en dat enkelvoudige rente hoogs uitsonderlik is.
In nog ‘n hofsaak word die voormalige hoof van die Landbank, mnr Philemon Mohlahlane, aangekla van bedrog en vervalsing.
Mnr Mohlahlane, die voormalige LUR vir behuising, Daniel Mofokeng en Matuba Maponya is deur die Valke in hegtenis geneem en word aangekla van die verduistering van R19 miljoen van die Landbank se AgriBEE-skema. Mnr Mohlahlane word ook daarvan beskuldig dat hy vals senior-kwalifikasies gebruik het om winsgewende poste in die regering te verseker.
Die saak is uitgestel tot April.
Bron: Nuus24