Categories: NewsPublished On: 9th November 2011

Laerskool-Buffeljagsrivier-presteer-op-die-“Kaapse-suiwelervaring”-Ekspo

By 1 min read
Tydens die afgelope “Kaapse suiwel-ervaring” op Sandringham by Stellenbosch het Laerskool Buffeljagsrivier van Swellendam sy naam hoog gehou. Die laerskool het aan beide die Saanen-kampioenskappe en die jeugskou deelgeneem en besonder goed gevaar.
 
Dit was die eerste keer dat Edward Fritz, die skool se hoof, sy bokke vir ’n skou ingeskryf het. En dit was nie sommer enige skoutjie nie, dit was die Wes-Kaapse Saanen-kampioenskappe!  Met vier ooie en van die skool se leerders as touleiers, het Edward die skou aangedurf om teen die land se beste bokke te staan te kom. 
 
Uiteindelik het twee van sy ooie besonder goed gevaar deur ‘n tweede en eerste plek in die  uierklas te verwerf. Die ooi in die tweede plek het in klas 29 meegeding (Wes-Kaap senior kampioen ooi) en het die vyfde plek behaal. Die wenner van die uierklas het in klas 31 (Beste uier – Saanen) teen al die ander uierklasse meegeding en die vierde plek behaal, ‘n merkwaardige prestasie vir ’n eerste deelname.
 
Op die jeugskou het die ses jarige Charlo’tte Swart, ook van Laerskool Buffeljagsrivier, ten spyte van sterk mededinging, tweede in die beginnersklas gekom. By die juniors het twee leerders van die skool plekke behaal. FC Kriel het die derde plek en Louw Jordaan het die vyfde plek behaal.
 
Inligting voorsien deur Thys Swart 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0