Categories: NewsPublished On: 28th May 2010

Laat jou plante praat:Soetrissieboer pluk die vrugte van ’n wyse besluit

By 1 min read
260 words

Sy onderhoud is minimaal, sy sproeiers en silinderhuls is van slytbestande keramiek gemaak en die hele pomp is baie eenvoudig: “Enigeen met ’n nommer 19-moersleutel kan hom self regmaak as dit nodig is,” sê hy.

Die Arbus is ’n staatma­kerspuit. Sy reguleerder hou die druk en vloei presies dieselfde, maak nie saak hoe vinnig jy in jou gekose rat ry of hoeveel sproeiers jy oop- of toemaak nie.

Sy reserwetenk en bekerwasser sorg ook vir deeglike vermenging van poeierstowwe, sy driepoortwaaier sorg dat die volume lug wat hy uitblaas oral dieselfde is en ’n skerm agter beskerm die waaierhuls en ontmoedig blare om in die waaier in te dwarrel.

Boonop is die waaiervinne van nylon veel minder sensitief vir skade, die wielwyde en onderstelhoogte kan verstel word en die Arbus dop sy spuitnewel agter die bome in die ry om sodat dit weer terugstuif vir behoorlike benatting van alle kante.

Wanneer jy handbespuiting wil doen, ontkoppel jy die waaier woerts-warts sodat hy nie onnodig trekkerkrag vreet nie.

As jy ook die voorspoed van Suid-Afrika se vrugtebevol­king op die hart dra, kry vir jou ’n Arbus 2000.

As jy binne spuitafstand van Ceres af boer, is Bennie Dippenaar by 082-893-8381 die man om mee te praat, maar Northmec is binne gerieflike bereik van enige boer enige plek in die land. Skakel 011­-922­-2300 om te hoor watter handelaar reg staan om sy beste diens vir jou te gee. Daar is ook ’n lys van handelaars in ProAgri 89.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0