Categories: NewsPublished On: 9th May 2011

Kynoch brei sy vermoë uit om vloeibare kunsmis te lewer

By 1 min read
185 words
Goeie nuus vir saaiboere op die Hoëveld is dat Kynoch se vloeibare kunsmis voortaan net oor die bult gaan wees.  Dit is te danke aan ‘n kooptransaksie waarby Sasol se Endicott-aanleg naby Springs as ‘n lopende saak deur Kynoch Kunsmis aangekoop word. 
 
Die ooreenkoms wat deur Kynoch Kunsmis en Sasol Chemical Industries bereik is, is nog aan goedkeuring deur die mededingingsreguleerder onderhewig.
 
“Boere word reeds vir dekades met vloeibare kunsmis en verwante dienste deur Kynoch voorsien, en tog neig die verspreiding van vloeibare kunsmis om relatief gebiedsgebonde te wees, veral rondom fabrieke wat op strategiese belangrike plekke geleë is”, het Gordon Hesom, Kynoch se hoof-uitvoerende beampte gesê.
 
“Om hierdie rede is die aanleg wat oorgeneem word ‘n ideale toevoeging tot ons huidige vloeibare kunsmis-reikwydte. Boere wat tans deur hierdie fabriek bedien word, en ander boere in die omgewing, kan verseker wees dat hulle eersteklas produkte, diens en raad gaan ontvang”, het mnr  Hesom gesê.
 
Hy het ook die Endicott-aanleg se personeel hartlik by die Kynoch-span verwelkom.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0