Kweek pure wins onder Alnet
Dubbel die opbrengs en dubbel die prys. Dit is wat Alnet vir oom Gert en Org Badenhorst van Novengilla. Peppers net buite Letsitele beteken.
Dié wakker pa-en-seun-span kweek veral soetrissies, maar ook komkommers en eiervrug in die vrugbare Novengilla-vallei, omring deur die pragtige Seribane-berge.
Maar geen paradys is sonder sy slang nie. In hierdie vallei teister hy boere en gewasse in die gedaante van ’n magdom peste en plae, waaronder witvlieg, sprinkane, krieke, tiptolle en selfs tarentale.
Nie een van hierdie peste vreet ’n vrug op voordat hy die volgende een aandurf nie – nee dis ’n enkele hap uit elke vrug so asof hulle daarop ingestel is om die hele oes te verwoes.
Maar met Alnet het die Badenhorsts die ongewenste besoekers se strooptogte doeltreffend gestuit. Daar moet wel nog teen kalante soos witvlieg gespuit word, maar veel, veel minder as met ooplandproduksie.
Nadat jy een keer geld uitgegee het om nethuise op te rig, bespaar jy elke jaar ’n groot klomp geld en behaal boonop voorspelbaar groter oeste van ’n beter gehalte – waarvoor jy meer geld kry, sê oom Gert.
Op oopland moet jy soetrissies pluk terwyl hulle groen is, anders is jou risiko vir skade te groot. Wanneer dit goed gaan kry jy vir groen soetrissies R90 per kissie. Onder net kan jy dit later oes en dan kry jy, wanneer dit goed gaan, R180 per kissie.
Hulle het by ’n vriend by Ofcolaco, nie ver daarvandaan nie, gesien hoe doeltreffend Alnet se nethuise werk en ses jaar gelede hulle eerste eie nethuis opgerig.
Alnet het ’n handleiding wat die boer help met die toepassings en konstruksies van al hulle produkte, maar die Badenhorsts het dit nie eens nodig gehad nie. Hulle het mos by ander boere gesien hoe dit gedoen word en buitendien is hulle self praktiese mense.
So ingenome was hulle met die gehalte en omvang van die oes onder hulle eerste nethuis dat hulle die volgende jaar nog twee opgerig het en daarna elk jaar nog. Hulle het pas net bestel om nog ’n hektaar onder Alnet te sit.
Hulle eerste nethuis is nou ses jaar oud en dit lyk asof hy nog baie jare gaan hou. Al Alnet se nette word vir agt jaar gewaarborg, maar daar is van hulle wat al baie langer elke jaar vir die boer geld verdien.
Die voordele van ’n Alnet-nethuis hou nie by goggas en voëls op nie. Daar is ook minder verdamping onder die net, wat veel beter waterbenutting beteken, veral in hierdie warm wêreld.
Boonop bied ’n nethuis beskerming teen die wind, wat in dié kontrei andersins nogal groot skade aan plante en oeste kan aanrig. As jou nethuis reg opgerig is, kan die wind maar kom – hy staan soos die rots van Gibraltar en koester alles daarbinne in die grootste gerief en veiligheid.
In die Novengilla-vallei is hael normaalweg nie ’n probleem nie, maar dit gee ’n mens tog gemoedsrus om te weet dat jou nethuis jou gewasse volkome teen hael beskerm.
Alnet maak ’n wye verskeidenheid nette en toue vir allerlei aanwendings in talle nywerhede, maar die landboubedryf is vir die maatskappy baie belangrik. Alnet doen deurgaans navorsing en werk met boere saam om die boer immer beter produkte en dienste te bied.
Alnet verstaan die boer en loop die pad tree vir tree saam met hom.
Die Badenhorsts is ingenome met Riek Oosthuizen van Alnet se kundigheid en begrip vir die boer se omstandighede en behoeftes: “Alnet is die beste produk teen die beste prys met die beste diens,” sê Org.
Alnet kan ook vir jou werk. Bel Riek Oosthuizen by 083-452-9618 of Ernst Oosthuizen by 083-412-5317 of besoek www.alnet.co.za.