Categories: NewsPublished On: 6th July 2010

Kverneland se CLG II diepbewerker: Skep ’n beter saadbed teen ’n laer koste

By 4 min read
726 words

Vogbewaring is waarom grondvoorbereiding vir Nic Meyer van Riverton Boerdery naby Glen gaan. Daarom gebruik hy Kverneland se 13-tand CLG-II se diepbewerker.

Met die CLG-II werk Nic tussen 450 en 520 mm diep en hef so die ploegbank wat sy vorige bewerkings op 250 mm geskep het suksesvol op om hom die volle voordeel van sy grond se voghouvermoë te gee.

As jy wil, kan jy tot 600 mm diep werk, of as jou grond nog moeiliker is en jy nog dieper wil werk, kry jy Kverneland se CLE met sy V-raam en werkdiepte van 700 mm.

Nic se grond wissel van sand tot klei en in elkeen van hierdie omstandighede staan die CLG-II sy man deeglik om kompaksie op te hef, die grondstruktuur te verbeter en goeie dreinering te bewerkstellig.

Dit alles beteken dat vog, voedingstowwe en plantwortels vrylik in die grond kan beweeg om ontkieming en groei te verbeter.

In party lande is te veel klip om te ploeg, maar die CLG-II stuit vir niks. Sy uitskopaksie bied hier sy volle voordeel en agterna laat loop Nic net ’n saadbedvoorbereider deur die land voor hy plant.

So van uitskop gepraat: Kverneland se bladveerstelsel is die onbetwiste toppunt van doeltreffende ingenieursvernuf. Waar veral ’n hidrouliese stelsel se tand al verder na agter beweeg en uiteindelik ’n ent sleep voordat hy terugskop, bly die CLG-II-tand se invalshoek presies dieselfde totdat hy flink terugskop en weer net so flink sy werk hervat.

Boonop skop hy lekker hoog op voordat hy weer sy werksposisie inneem. Al wat die operateur hoef te doen is om te ry – Kverneland se CLG-II sal sy werk ry op en ry af perfek doen sonder dat jy hom hoef op te pas of aan te por.

Waar hy geloop het, kan jy sommer sien hoe die land opgerys het vir behoorlike deurlugting, presies soos die boer en sy plante dit wil hê. As jy dan net voor planttyd ’n gawe bui reën kry, voel dit sommer weer lekker om ’n boer te wees.

Nic se Kverneland is ’n 15-tand model en hy werk lek­ker vinnig en flink, selfs al is dit droog en die grond hard, want Kverneland weet die boer het nie tyd om te mors as jy wil plant nie. Afhangend van die grondtipe en die diepte wat jy wil bewerk, het hy so 15 tot 17 kW trekkerkrag per tand nodig.

’n Groot voordeel van die CLG-II is dat hy geen sweislaste het nie. Die hele raam bout oral stewig en netjies aanmekaar vas, wat ’n veel sterker konstruksie beteken. Dit beteken ook dat jy nog eenhede kan bykoop om hom te vergroot wanneer jy dit nodig het. Nic self gaan nou nog twee tande aanlas.

Jy kan ook jou tand­spasiëring aanpas presies soos jy dit wil hê.

Nic is ook baie beïndruk met die hoë gehalte Sweedse staal waarvan die CLG-II gemaak is en die slim ontwerp­besonderhede, soos die diepversinkte bout wat die tand vashou. Dit beteken dat jy nooit ’n Kverneland-tand in die land sal verloor nie.

Die CLG-II se dieptebeheerwiele sorg dat die hele werktuig altyd oral ewe diep en ewe doeltreffend werk om eenvormige groei-omstandighede te skep.

Die heel beste diens

Om alles te kroon, is die diens wat Nic van Bloemfontein Massey Ferguson ontvang presies na die boer se smaak. Hy het die CLG-II voorheen op ’n boeredag in aksie gesien en toe hy Bloem­fontein Massey Ferguson se mense, wat die plaaslike verspreider is, bel, het hulle summier een op sy plaas kom aflewer en demonstreer.

Hulle aanbod was: “Hou hom hier as jy tevrede is of stuur hom terug as jy nie tevrede is nie.”

Nic is so tevrede dat hy sommer nog een gaan bestel, want dit is die werktuig vir die toekoms, sê hy. Van sy bure wat die resultate gesien het wat hy behaal, het ook hulle eie CLG-II’s aangeskaf en hulle is ewe tevrede.

As jy ook jou gewasse die gerieflikste groeigebied wil gee en jy boer in die binneland, praat met Dirk Rossouw van Bloemfontein Massey Ferguson by 051-435-2069 of 076-481-4882.

As jy elders in die land boer, skakel Nico Storm van Kverneland by 033-345-2733 of 082-463-3124.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0